VARS MAY 2023

Drakenstein is ‘n stad van uitnemendheid wat tegnologie tot ons voordeel benut. Vir hierdie maand se uitgawe van Vars het ons met Naajidah Lagardien-du Plessis gesels, GIS Ingenieurstegnikus by die Munisipaliteit, oor die verskeie gebruike van ‘n geografiese inligtingstelsel (GIS). Klik “speel” vir meer!

Die span is onder andere verantwoordelik vir opmeting, hommeltuigvlugte, die ontwerp en skep van web- en mobiele toeps, fasilitering en stroomlyn van werkvloei, integrasie van organisatoriese inligting, bestuur van inligting, analises, kartering, en die sleutelprestasie- aanwysers (“key performance indicators” of KPIs) van GIS. Besoek ons webtuiste, www.drakenstein.gov.za , vir meer inligting, of klik op Drakenstein Municipality Spatial Viewer vir ons GIS-stelsel se “Spatial Viewer”. Dis fassinerend!

Stads- en streeksbeplanning behels sonering en verdeelde soneringsbuffersones. Laastens word GIS ook ingespan wanneer besluite aangaande die veselmark geneem word.

Spanwerk is belangrik

Die GIS-span by Drakenstein Munisipaliteit is: Louis Pienaar, waarnemende uitvoerende direkteur: ingenieursdienste; Pierre de Villiers, hoof van GIS; Naajidah Lagardien-Du Plessis, GIS Ingenieurstegnikus; Emmerentia Smit en Benedict Winter, Senior GIS-tegnici; en Zanele Mbangeni, GIS-administrateur.

Follow us

@drakensteinmunicipality

@DrakensteinMunicipality

9

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator