VARS NOVEMBER 2023

Chris van Niekerk: Geliefd en Verlief op die Boland

Wanneer ‘n mens by Chris se Winkel instap, ontplof die wêreld rondom jou onmiddellik in kleur, interessante oudhede, en mooigoed. Dit laat jou dink aan ‘n mengsel tussen jou ouma se voorkamer en die Titanic se ingangsportaal, of die Het Loo Paleis in Nederland – ‘n klompie fênsie silwerware hier, ‘n ou klavesimbel daar, maar tog kry jy die gevoel van tuiswees.

Chris van Niekerk, aan die meeste Suid- Afrikaners bekend as die geliefde Oom Francois van 7de Laan, bedryf reeds 30 jaar hierdie oudhedewinkel – eers in Kalkbaai, en die afgelope paar jaar in Wellington. Sy behoefte om items ‘n tweede lewe te gee, saam met die feit dat akteurs dikwels sonder pensioen uit die bedryf tree, het hom geïnspireer om sy liefde vir oudhede en “dinge met ‘n storie” met mense te deel. “Ons is ‘n bietjie soos ‘n shopping mall ! Hier is iets van alles: porselein, ou gereedskap, skilderye, juweliersware, plate, HiFi’s,

Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

VARS | November

18

Made with FlippingBook - PDF hosting