VARS NOVEMBER 2023

die mooiste glasware – enigiets wat mooi is, met ‘n geskiedenis of ‘n storie daaraan,” vertel Chris. Baie van die oudhede het hy van sy ouers geërf, van wie hy ook die onvermoë om enigiets weg te gooi gekry het. “Soms kom laai mense bokse vol mooi goed hier af wat hulle nie meer wil hê nie.” Hy noem dat hy in sy versameling oor twee bloese wat uit die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) dateer, beskik – albei met een mou kort. Hy verduidelik: “Dis blykbaar ‘n teken van rou as ‘n vrou haar man of pa verloor het in die oorlog. Ek soek meer inligting as iemand dalk weet!” Die afgelope paar jaar het Chris en sy winkel hul plek in Wellington gevind, wat volgens hom ‘n lieflike deurmekaarspul van mense is. “Hier is iets van elke mens, nie net van Suid-Afrika nie, maar van oraloor die wêreld! Dis wat die dorp sy eiesoortige karakter gee.” Hy voeg by dat die dorp geweldige kumulatiewe potensiaal in die kunswêreld het, maar maan egter dat mense mekaar moet leer ondersteun en deel word van mekaar se “kunsdinge”.

“Die gemeenskap moet almal tog deel in hierdie kunsdorp se doen en late en dit mildelik ondersteun; anders het dit geen sin dat ons die dorp só wil bemark nie.” Hy noem uitstekende plaaslike kuns-inisiatiewe soos die Breytenbachsentrum, kunsuitstallings en markies wat soms te min aftrek van die gemeenskap kry. “Hier is uitstaande talent in Drakenstein, en hoe meer kunstenaars hulle hier kom vestig en hoe meer die inwoners van die omgewing betrokke raak by die uitvoering daarvan, hoe meer kan ons van die wonderlike, helende, skeppende krag van alle vorms van die kunste verwag en indrink.” Chris sê hy is líéf vir die Boland; dis hoekom hy hier is. Chris se Winkel kan gevind word in die hartjie van Wellington by Stokeryweg 16, langs Mariaan se Koswinkel, waar jy na hartelus deur stukkies van die geskiedenis kan snuffel.

Beloved actor Chris van Niekerk explains why he loves living in Drakenstein, the arts, antiques, and the “lovely hodgepodge called Wellington”. Press play to hear what he has to say.

19

VARS | November

Made with FlippingBook - PDF hosting