VARS NOVEMBER 2023

SPAAS Meubels: Funksioneel en Flambojant

Volhoubaar, funksioneel én sag op die oog. Dit is die eerste woorde wat by ‘n mens opkom as jy met die meubels van die plaaslike houtmeubelbesigheid met die unieke naam, SPAAS, te doene kry. SPAAS is volgens Mari Kriel gebore uit passie en kreatiwiteit, waar interessante ontwerp en goeie vakmanskap bymekaar gebring word. Wat begin het as ‘n na-ure-projek het vinnig na ‘n volwaardige besigheid uitgebrei, wat met lof uit die gemeenskap oorval word.

Mari sê dit is hul toewyding tot voortdurende verbetering wat dié handelsmerk van ander onderskei. Eiesoortige, estetiese ontwerp en eenvoudige, verbruikersvriendelike samestelling is van hul kernwaardes, tesame met aandag aan detail, veelsydigheid en ‘n kliëntgesentreerde benadering tot hul produkte. Die betekenis van die naam SPAAS is veelvoudig: dit word dieselfde uitgespreek as die Engelse “sparse”, ‘n sinoniem vir minimalisties. Die naam spreek ook tot hul filosofie: Simple, Practical, Affordable, Aesthetic.

Volhoubaar, funksioneel én sag op die oog.

Die naam spreek tot hul filosofie: Simple, Practical, Affordable, Aesthetic.

22

VARS | November

Made with FlippingBook - PDF hosting