VARS NOVEMBER 2023

SPAAS streef daarna om hul omgewingsvoetspoor so klein as moontlik te hou.

Dit is ‘n woord wat spaarsaming in elke taal gebruik word en dus die handelsmerk In enige plek laat uitstaan. Volhoubaarheid staan ook sentraal in die handelsmerk se etos, en SPAAS streef daarna om hul omgewingsvoetspoor so klein as moontlik te hou. Hulle gebruik onder andere hout wat verantwoordelik verkry is en bevorder só die behoud van biodiversiteit. SPAAS gebruik ook sonkrag om hul produksiefasiliteite aan die gang te hou. Mari beklemtoon dat hul produkte se lang leeftyd daartoe bydra dat hulle op die lang termyn minder verkwistend is. “Ons glo dat, indien ons vandag bewuste keuses maak, ons ‘n positiewe impak op die omgewing kan maak en ander kan inspireer om by ons aan te sluit op reis na ‘n meer volhoubare toekoms.” Sy sê hul werknemers vorm die hart van die besigheid, en beklemtoon SPAAS se fokus op gemeenskapsontwikkeling. “Ons wil graag vakmanne kweek wat nie net passievol is oor hul werk nie, maar ook sterk verbind is tot hul gemeenskap.” Die besigheid se afvalmateriaal word aan die gemeenskap geskenk om

kreatiwiteit te bevorder, of selfs vir mense om as vuurhout te gebruik tydens koue winters. Volgens Mari dra Drakenstein Munispaliteit ruim daartoe by dat kleiner besighede in die omgewing kan floreer.

“Deur te belê in moderne fasiliteite, streng veiligheidsmaatreëls, gemeenskapsbetrokkenheid en

omgewingsvolhoubaarheid, verseker die Paarl dat sy industriële gebied nie net 'n sentrale punt vir handel is nie, maar ook 'n model van effektiewe stedelike beplanning en verantwoordelike ontwikkeling. Hierdie benadering versterk die plaaslike ekonomie, bevorder besigheidsgroei, en verbeter die algehele lewenskwaliteit vir almal wat betrokke is.”

Besoek gerus SPAAS se webwerf vir meer inligting. Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

23

VARS | November

Made with FlippingBook - PDF hosting