VARS NOVEMBER 2023

Soul Barrel Brewing: Sielstevrede in Drakenstein

Tussen die mure van die ou Drakenstein Wynkoöperasie in Simondium buite die Paarl het ‘n trotse Suid-Afrikaanse bierbrouery gestalte gekry wat glo dat bier met die siel gemaak word. Dié siel het hierdie jaar omtrent geskitter toe Soul Barrel Brewing Co. se Wild African Soul-bier die BASA African Celebration- toekenning by die 2023 African Beer Cup losgeslaan het. Hul Wild African Soul het ook vir hulle goud in die Alternative Fermentables Beer-kategorie verower, terwyl hul Live Culture Cuvee vir hulle ‘n silwer toekenning in die American Wild Ale-kategorie ingepalm het. Volgens die mede-eienaar, Nick Smith, is hul Wild African Soul-bier trots Suid-Afrikaans, en hou hy daarvan om daaraan te dink as ‘n moderne weergawe van umqombothi, ‘n tradisionele bier van Afrika-herkoms.

“Ons het umqombothi met kulture van ‘farmhouse ale’ gemeng, en vir twee jaar in eikevate herfermenteer.” Hy voeg by dat baie mense verbaas is dat bier in vaatjies gefermenteer kan word en net so kompleks en interessant soos wyn kan wees. As ‘n klein brouery is hul fokus op kwaliteit in plaas van kwantiteit, en is plaaslike ontwikkeling en volhoubare praktyke vir hulle ‘n prioriteit. Plaaslike rou bestanddele word sover as moontlik gebruik, en hy glo dat dit daartoe bydra

Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

Volgens mede-eienaar Nick Smith, onder links, is hul Wild African Soul-bier trots Suid-Afrikaans.

28

VARS | November

Made with FlippingBook - PDF hosting