VARS NOVEMBER 2023

om hul bier anders te maak as enige ander bier in die wêreld. "Ons missie is om 'n wêreldklas- biermaatskappy te skep wat 'n positiewe verandering in die samelewing bewerkstellig en Afrika-bier aan die wêreld tentoonstel.” Soul Barrel Brewing Co. wil aan bierliefhebbers ‘n omvattende ervaring bied deur nuwe idees te ondersoek en hul verbeelding die voortou te laat neem. Dit is vir hulle belangrik om ‘n besigheidsrolmodel te wees en alles beter agter te laat as wat hulle dit gekry het – of dit nou die planeet en natuurlike hulpbronne is, of die mense en gemeenskap wat in hulle belê. Nick en sy span glo daarin om hul mense op die beste en mees professionele manier moontlik op te lei. Hy sê hul grootste bydrae is om die toekomstige leiers in die bedryf op te lei en só by te dra tot werkskepping en groter belastinginkomste. En hulle wil nie net werk skep nie, maar ook loopbane bou. “Almal van ons by Soul Barrel Brewing Co. is Paarliete wat ontwikkel en leer van wêreldklas bierbrouery en hoe om professionele bierbrouers wees. Dit stel werknemers in staat om saam met die maatskappy te groei, of hul loopbane elders te gaan voortsit.” Hy sê ook dat die wen van hierdie toekennings die kollig op die meer as 200 klein brouerye in die land plaas, en mense inspireer om plaaslike brouerye en só die plaaslike ekonomie te ondersteun, pleks van net groter multinasionale maatskappye. Drakenstein Munisipaliteit ondersteun en moedig die sukses van plaaslike ondernemings aan deur te beklemtoon dat ekonomiese ontwikkeling van kleiner besighede berus op geleenthede vir finansiële en besigheidsondersteuning en -opleiding. Die Munisipaliteit het reeds verskeie sulke geleenthede geskep, onder andere ‘n toegewyde toonbank vir beleggings, ‘n werksoekers-databasis, intern- en leerlingskappe, en bekostigbare informele handelsruimtes. Kyk hier vir meer.

Die Munisipaliteit moedig ook Drakenstein-inwoners aan om hul

entrepreneurskapsvaardighede ten toon te stel, om sodoende werk te skep in ‘n oorversadigde arbeidsmark. Om die ekonomie só te bevorder, sal bemarking van die omgewing vergemaklik en die aantrekkingskrag vir beleggers en besoekers nog sterker maak. Vir meer inligting oor die Soul Barrel Brewing Co., besoek hul webtuiste by Soul Barrel .

As ‘n klein brouery is hul fokus op kwaliteit in plaas van kwantiteit.

29

VARS | November

Made with FlippingBook - PDF hosting