VARS_JULY 2022

Paarl Arboretum Volgens Lindsay is sy span se verantwoordelikheid nie net bewaring nie, maar ook opvoeding. Drakenstein Munisipaliteit probeer om waar moontlik die publiek in te lig oor natuurbewaring, klimaatsverandering en aardverwarming. Die Arboretum is ‘n inisiatief wat poog om dié doelwitte te bereik. Die Arboretum word tans – as deel van ‘n drie-jaar-lange projek - opgeknap en in ‘n “Climate Smart River Park” omskep. Die projek is nou reeds twee jaar aan die gang. Wanneer die Arboretum sy splinternuwe baadjie dra, sal besoekers kan uitsien na ‘n “groen” klaskamer, ‘n fietsryroete langs die Bergrivier, ‘n buitelug-amfiteater en ‘n eko-sentrum. Besoekers kan nou reeds ‘n voorsmakie kry deur tyd by die Arboretum se indrukwekkende spekboom-doolhof deur te bring.

Openingstye: Somer | 08:00 tot 20:00 (1 Oktober tot 31 Maart) Winter | 09:00 tot 17:00 (1 April tot 30 September)

Die Arboretum word tans – as deel van ‘n drie-jaar- lange projek - opgeknap en in ‘n “Climate Smart River Park” omskep.

Paarl Bird Sanctuary Die natuurreservaat se diverse plantegroei is natuurlik ‘n groot trekpleister vir voëls en besoekers kan hul doen en late na hartelus dophou. Vir die meer ywerige voëlkykers is die Paarl Bird Sanctuary egter ‘n móét-sien. Dié bewaar- area is ‘n gesamentlike projek wat deur Drakenstein Munisipaliteit en die Cape Bird Club onderhou word en deel vorm van die Afvalwaterdienste-projek. Die area, wat teen die Du Toit’s Kloof-berge en Paarlberg lê, is ‘n Suid-Afrikaanse voël-oase en geveerdes soos die ralreier, reuse-reier, grootlangtoon, fluiteende, Nonnetjie-eende en swarteende, om maar net ‘n paar te noem, is al hier opgemerk.

Openingstye: Sekere Saterdae vanaf 09:00 tot 11:00

Kontak: Jurie Jumart 021 807 6307

Lindsay se advies én pleidooi aan besoekers is om die natuur te respekteer en te geniet. Met die plantegroei en verskillende diere wat elke seisoen verander, leer hy elke dag iets nuuts en dís wat sy passie vir natuurbewaring aanvuur. Kom besoek enige van dié Drakenstein-juwele en jy sal saamstem!

21

VARS | July

Made with FlippingBook Converter PDF to HTML5