VARS_JULY 2022

Wyk 14 se Raadslid Loop die Ekstra Myl floreer, veral omdat die jeug só hul talente ten toon kan stel. “Dit hou ook ons jeug besig, en hou hulle weg van dwelms en ander verkeerde aktiwiteite,” sê sy. Sy vertel dat ‘n tuin by Deborahpark aangebring gaan word en dat alle informele nedersettings in Wyk 14 toilette gaan kry. Sy spreek haar dank teenoor Drakenstein Munisipaliteit uit vir die Munisipaliteit se goeie diens en hulp aan die gemeenskap. Om raadslid Van Willingh of enige ander wyksraadslid van Drakenstein Munisipaliteit te kontak, kliek hier .

Raadslid Brenda van Willingh is die raadslid vir Wyk 14 van Drakenstein Munisipaliteit. Sy is die afgelope twee dekades reeds by plaaslike politiek betrokke en is in 2021 verkies tot raadslid vir Wyk 14. Sy is ‘n DA-raadslid. Wyk 14 strek vanaf Groenheuwel, Smartietown, Siyahlala 2 en Joe Williams (informele nedersettings), tot by Mountain Ridge en Hillside. Dié wyk het ongeveer 6 000 inwoners en daar is een skool, Dalweide Primêre Skool. Daar is ook talle kerke in hierdie wyk, en die Groenheuwel Biblioteek wat nuttige dienste aan die gemeenskap lewer. Raadslid Van Willingh sê sy is baie trots op hoe vlakkie-krieket (of landjie-krieket) in haar wyk

26

VARS | July

Made with FlippingBook Converter PDF to HTML5