VARS MARCH 2023

Marshall Hendricks se naam het op ons sosiale media-blaaie begin verskyn toe hy foto’s van ‘n park in sy omgewing geplaas het. Dié park is glo as ‘n onwettige stortingsgebied misbruik en was so met rommel oortrek dat g’n kind daar kon speel nie. Marshall het egter nie daaroor gekla of die Munisipaliteit kwalik geneem soos dikwels die geval is nie. Inteendeel, sy foto’s vertel die verhaal van ʾn gemeenskap wat saamstaan teen hierdie reusagtige probleem. Marshall, wat bedags deel vorm van die span by die Wellington Spar, dien op die Munisipaliteit se wykskomitee onder raadslid Christephine Kearns, ook die Hoofsweep van die Munisipaliteit. Dis hier waar Marshall die geleentheid gebied is om inisiatief te neem as ʾn lid van die Drakenstein-gemeenskap. Toe hy een dag op pad huis toe was van die werk af, val dit hom op dat die park in Wyk 10 nie meer is wat dit eens was nie. In plaas daarvan dat kinders sorgvry daar kon speel, was die gebied met rommel bestrooi. Buiten die oogseer, hou so ʾn onwettige stortingsgebied ʾn gesondheids- en veiligheidsrisiko vir almal in die nabye omgewing in.

Marshall Hendricks, 'n inwoner en wykskomiteelid van Drakenstein.

“Só kon dit nie aangaan nie,” sê Marshall. Hy beskryf hoe hy van deur tot deur gegaan het om sy bure aan te moedig om wettiglik van hul vullis ontslae te raak. “Sommige mense was kwaad!” vertel hy nou met ʾn

Die Raadslid en die Rommelbestryder

Marshall Hendricks, ʾn inwoner en wykskomiteelid van Drakenstein, streef voortdurend daarna om sy gemeenskapslede se lewensgehalte te verbeter. In hierdie strewe glo Marshall dat almal daarop geregtig is om in ‘n skoon en mooie omgewing te woon. Met die bystand van die Munisipaliteit, het hy ‘n opruimprojek binne ‘n rekordtyd op die been gebring. Ons ry deur Payton Place in Wellington terwyl Marshall Hendricks vertel hoe dié area eens bekend vir bendegeweld was. “Dit het nou darem rustiger geraak,” erken hy met ‘n glimlag. Tulpstraat en omgewing lyk aanvanklik saai, maar word oombliklik opgehelder deur die skaterlag van twee seuntjies wat op hul fietse verby jaag.

verleë glimlag. Naderhand het die meeste egter hul fout raakgesien en dit reggestel deur hul rommel te verwyder. Die vullis wat oorgebly het, het egter steeds ʾn probleem geskep. Marshall het ʾn klompie jong mans langs die pad gesien stap en hulle uitgevra oor hul omgewing. “Hou julle van hoe dit hier lyk?” Die manne speel graag sokker en krieket in Wyk 10 se parke, en die rommel perk natuurlik hul pret in. “Nee,” het hulle geantwoord. Marshall deel toe sy plan met hulle en nooi hulle uit om met hom hande te vat in sy opruimingsprojek.Toe die dag van die groot projek uiteindelik aanbreek, was Marshall stomgeslaan.

14

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software