VARS MARCH 2023

In this video, you’ll meet Marshall Hendricks from Wellington. He spotted illegal dumping in his area and decided to take action, inspiring his community members to join him in cleaning up a local park. Press play to learn more!

het my aangespoor om met idees na haar terug te kom,” verduidelik Marshall, “en dis wat ek gedoen het.” Sy inisiatief het groot sukses behaal. Met hierdie opruimingsprojek, het die Munisipaliteit bankvas agter Marshall gestaan. Laat dit vir ons ʾn voorbeeld wees van hoe om met oplossings vir gemeenskapskwessies vorendag te kom, mekaar om hulp te vra, en ons medemens te dien sover ons kan. Vir navrae, kontak gerus die Munisipaliteit per e-pos na customercare@drakenstein.gov.za of skakel 021 807 4782 .

Sommige van die jong mans wat hy genader het, was klaar aan die werk! Vele hande het ligte werk gemaak en die resultate laat almal met hoop in die hart. Al die rommel wat oor was in die park is deur Marshall en sy span ingesamel. Om van die vullis ontslae te raak, het Marshall op raadslid Kearns se nommer gedruk en sy het hom nie teleurgestel nie. Binne twee weke is die probleem opgelos! Hy koester ʾn diepe dankbaarheid teenoor raadslid Kearns. Sy was aanvanklik sy buurvrou, en hy het haar gesien groei tot die plek wat sy vandag volstaan. Marshall vertel ook dat hy 18 jaar lank dwelms misbruik het – iets waaroor hy baie spyt is. Dis dié dat hy so vir die jongmense in sy gemeenskap omgee – sy hart is vol empatie vir hulle. Sy opruimingsprojek behels daarom meer as net rommelbekamping: dis ʾn uitnodiging aan die gemeenskap om saam te staan. Raadslid Kearns se oë glinster sommer wanneer sy uitbrei oor Wyk 10 se opruimingsprojek. As verteenwoordiger van die Munisipaliteit, vertel sy met trots hoe daar van albei kante af moeite gedoen is om met ʾn oplossing vorendag te kom. “Raadslid Kearns

Follow us @drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

Raadslid Christephine Kearns help graag haar gemeenskap.

15

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software