VARS MARCH 2023

Van links, voor is raadslid Nical Sauerman; Thandi Buckle; Marlene Weyers; Ronel Saayman; en Elmien Rossouw. Van links, agter is Ockert Vermeulen; Albertus Buckle Jnr; Neil Schoeman; Steven von Schlict; en Charles Holtzhausen.

Uitnemende Dienslewering Hoogste Prioriteit vir Wyk 2 se Wykskomitee

Onder leiding van raadslid Nical Sauerman word Wyk 2 in Wellington deur ʾn dinamiese en meelewende wykskomitee bedien, wat kritiese behoeftes flink aanspreek. Raadslid Sauerman is ʾn man wat vas glo dat daar altyd ruimte is om dienslewering te verbeter, ongeag die struikelblokke wat onvermydelik in sy span se pad te staan kom. “Ons komitee se aspirasie is om te alle tye ons inwoners van diens te wees en te help. Met ʾn bekwame en inspirerende wykskomitee sien ons kans vir al die uitdagings in Wyk 2. Die goue draad wat die verskil maak vir ons is kommunikasie, kommunikasie, kommunikasie. Terugvoering rakende

dienslewering en wyksaangeleenthede is van kardinale belang,” sê hy.

Ons komitee se aspirasie is om te alle tye ons inwoners van diens te wees en te help.

18

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software