VARS MARCH 2023

Hierdie wyk se komitee is in 2022 deur die gemeenskap verkies, en bestaan tans uit 10 aktiewe lede wat verskillende portefeuljes bestuur, naamlik:

Eskom-beurtkrag 'n enorme probleem. Die instandhouding van infrastruktuur is ook baie belangrik, soos pype wat soms bars weens die wisselende druk in watertoevoer. Raadslid Sauerman en sy wyk se visie is ook om te alle tye skoon en netjiese parke en sypaadjies te hê, asook om gereelde instandhouding te doen. Die antwoord op die uitdagings? Raadslid Sauerman vertel dat goeie kommunikasie (via WhatsApp-groepe en ander platforms) noodsaaklik is om inwoners in die wyk ingelig te hou van enige verwikkelinge. In hierdie verband is dit van uiterste belang dat die hele wykskomitee luister na die behoeftes van die gemeenskap. Hy verduidelik verder dat Wyk 2 se wykskomitee inwoners aanmoedig om die Munisipaliteit se SeeClickFix-toepassing te gebruik om nie-dringende diensverwante aangeleenthede aan te meld. “Deur SeeClickFix te gebruik bevorder ons goeie kommunikasie en opvolgaksie met behulp van ʾn individuele verwysingsnommer soos toegeken deur die stelsel,” sê hy. “Kom ons wees trots op Drakenstein deur saam te werk en ons deel te doen,” sê hy. Om raadslid Sauerman of enige ander wyksraadslid van Drakenstein Munisipaliteit te kontak, kliek hier .

• •

Ockert Vermeulen: Water en Sanitasie Adriaan van Niekerk: Vaste Afval Verwydering Marlene Weyers: Parke, Oop Areas en Begraafplase Albertus Buckle Jnr.: Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur Charles Holtzhausen: Elektrisiteit en Straatligte Neil Schoeman: Openbare Veiligheid Steven von Schlicht: Maatskaplike Ontwikkeling Elmien Rossouw: Besighede, Klein-, Medium- en Makro-ondernemings, en Ander Ronel Saayman: Paaie en Stormwater Thandi Buckle: Beperkte Toegang Woongebiede

• •

• •

Volgens raadslid Sauerman is Wyk 2 se grootste uitdaging tans veiligheid. Daarom werk die Wykskomitee nou saam met die area se buurtwagte en ander veiligheidsrolspelers om misdaad te bekamp. Verder bly

19

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software