VARS MARCH 2023

vir die wenners op die spel is. Volgens berigte het die Drakenstein-omgewing die meeste spanne wat landjiekrieket aktief beoefen. Die hoofdoel van landjiekrieket is om jong seuns uit die moeilikheid te hou. Om aan ‘n sport deel te neem, hou die seuns dikwels weg van dwelms, drankmisbruik en bendegeweld. Van die gemeenskappe ondersteun hierdie jong spelers en moedig hulle aan om deel van die ligas te wees. Daar is groot waarde daarin wanneer ‘n gemeenskap verenig in sport is en wanneer kinders in sport floreer. Wellington Primêr het ook drie spanne wat in die minikrieketligas speel: onder 7 (graad 1), onder 8 (graad 2) en onder 9 (graad 3). Elton is die afrigter van die onder 8-span en ook betrokke by die ander twee spanne.

Krieket is 'n regte "gentleman's sport."

Minikrieket is ‘n sport wat aan leerders die basiese stappe van krieket leer, soos veldwerk, boulwerk, kolfwerk en – die belangrikste van alles – hand-oog-koördinasie, verduidelik Elton. Minikrieket gee ook aan leerders die geleentheid om teen verskillende skole mee te ding. Só maak hulle maats en geniet dié tydverdryf. Volgens Elton is krieket “die beste sport ooit” en ‘n “gentleman’s sport”. Sy passie is amper voelbaar, nog soveel te meer as jy hoor dat hy al sedert hy nege jaar oud is, gek is na krieket. Oor die jare het hy, waar hy ook al homself bevind, by dié sport betrokke geraak. Hy sê krieket is ‘n stresontlaaier vir baie. “Krieket leer jou ook om besluite binne sekondes te neem, soos watter tipe hou jy wil speel en watter bal jy in jou boulbeurt wil boul. “As jy ‘n minikrieketfees bywoon, sal jy sien hoe die leerders dit op die krieketveld geniet. Dit bly ‘n groot plesier om hulle dop te hou en te sien hoe baie energie hulle het as hulle speel,” raak Elton van voor af liries. Enige jongmens wat belangstel kan by enige liga in hul dorp aansluit.

Elton Daniels is betrokke by beide landjie- én minikrieket.

Follow us @drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

27

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software