VARS MARCH 2023

Landjiekrieket met Elton Daniels

Die leerders geniet dit op die krieketveld.

Landjiekrieket is ‘n informele sportsoort. Daarom is daar nie formele sportliggame of forums betrokke nie. Elton vertel dat landjiekrieket as ‘n vermaaksport geklassifiseer word. Spanne ding mee om hulle onderskeie buurte se aanhangers te vermaak met die spel wat hulle speel. Elke Bolandse dorp het verskillende ligas vir byvoorbeeld mans, juniors en junior dames. Sommige landjiekrieketligas het daarin geslaag om borge te vind, wat beteken dat daar prysgeld

“Landjiekrieket word met ‘n soort tennisbal gespeel. Die bal is redelik groot; daar word drie tot vier lae wit en swart isolasieband om die bal gedraai om dit swaarder te maak. Verder is die spel maar soos buitekrieket. Elke span het 20 boulbeurte om veldwerk te doen en te kolf.” Só verduidelik Elton Daniels van Wellington. Hy is betrokke by landjie- én minikrieket by die Wellington Primêre Skool waar hy ook as administrasiebeampte instaan.

26

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software