Collective Action Magazine Edition 2. Dec 2022

Aleta: VN-Vroue beskik oor ‘n reeks impakverhale soos vertel deur oorlewendes van regoor die wêreld. Die stories illustreer die menslike impak van VN-Vroue se werk regoor die wêreld. Dit verduidelik hoe ons en ons vennote vordering maak om ‘n beter wêreld vir vroue en meisies te bewerkstellig; een van gelykheid en bemagtiging, deur middel van ons rol as ‘n leier, mobiliseerder, sameroeper en verskaffer van programme. Hazel: Dit is wonderlik dat ons almal werk om GGG te beëindig en om bevoegdheid en gelykheid vir vroue te fasiliteer, deur middel van die aanleer van vaardighede en die skepping van geleenthede. Ongelukkig is die pogings om die inpak van GGG vanuit ‘n trauma-ingeligte perspektief te versterk, egter nie so suksesvol nie. Watter rol speel VN-Vroue om die erns hiervan aan te spreek? “Ons hoop was en is steeds dat die beraad ‘n platform sou wees waar belanghebbendes oor vordering wat gemaak is asook lesse wat geleer is kon besin en duidelike areas te identifiseer wat versterk moet word terwyl ons gesamentlik na oplossings vir die GGGV- epidemie in Suid-Afrika soek.”

Aleta: Bewyse toon dat die teenwoordigheid van ‘n sterk en outonome feministiese beweging ‘n kritieke faktor is om beleidsverandering te dryf, sodat geweld teen vroue en meisies beëindig word. Ondersteuning en belegging in sterk, outonome vroueregte- organisasies en feministiese bewegings, is die sleutel tot die beëindiging van geweld teen vroue en meisies. Om hierdie redes vra ons “UNiTE”-veldtogtema vir 2022 meer ondersteuning vir aktivisme om geweld teen vroue en meisies te voorkom. Ons moedig almal aan, in hulle eie ruimtes, om ‘n aktivis teen GGG te wees. Die VN-Sekretaris-Generaal se veldtog, ‘UNiTE by 2030’ om Geweld teen Vroue te beëindig (UNiTE), is ‘n meerjarige poging wat daarop gemik is om geweld teen vroue en meisies regoor die wêreld te voorkom en uit te skakel. UNiTE, wat deur VN-Vroue bestuur word, doen ‘n beroep op regerings, die burgerlike samelewing, vroue- organisasies, jongmense, die privaatsektor, die media en die hele VN-stelsel, om kragte saam te snoer om die pandemie van geweld teen vroue en meisies aan te spreek. Oor die 16 dae tydperk van aktivisme teen GGG, sal ons met ons vennote in die regering, die burgerlike samelewing en die privaatsektor saamwerk om verskeie groepe belanghebbendes te betrek om oplossings uit te ruil en te luister na die geleefde realiteite van vroue en meisies in verskillende Suid- Afrikaanse gemeenskappe, en om gesamentlik ‘n pad vir die toekoms te karteer.

Hazel: Ons het die 16 Dae van Aktivisme teen GGG wat voorlê. Watter planne het U om hierdie veldtog te bevorder?

Dec | Collective Action Magazine

120

Made with FlippingBook interactive PDF creator