Collective Action Magazine Edition 2. Dec 2022

Aleta: VN-Vroue ondersteun aanhoudende pogings om geslagsgebaseerde geweld in Suid- Afrika te beveg. Na afloop van die Presidensiële Beraad oor geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord wat in November 2018 gehou is, is ‘n Tussentydse Bestuurskomitee (TBK) oor GGG in 2019 gestig. Die doel is om ‘n Nasionale Strategiese Plan (NSP) oor GGG en ‘n permanente struktuur te ontwikkel (Die Nasionale Raad oor GGG), en om sodoende die effektiewe koördinering en implementering van die NSP oor GGG te verseker. Die termyn van die TBK oor GGG sou na die stigting van ‘n permanente struktuur, die Nasionale GGG-raad, tot ‘n einde kom. Om die oorgang van TBK na die GGG-raad te bewerkstellig, het VN-Vroue ‘n tegniese adviseur ondersteun om die Minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede by te staan. Nadat fondse uitgeput geraak het, het ons ‘n vennootskap met die Kanadese regering aangegaan ten einde hierdie tegniese adviesrol te ondersteun. Dit duur tot vandag toe voort met die tegniese adviseur wat na die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede (DVJPG) gesekondeer is. Hazel: VN-Vroue het ‘n inklusiewe benadering tot sy bedrywighede. Ons het gesien hoe die oganisasie betrokke was by die tweede presidensiële beraad oor GGG 2022 . Wat was U rol in die beraad en watter uitkomste het U verwag die beraad sou bereik? “Bewyse toon dat die teenwoordigheid van ‘n sterk en outonome feministiese beweging ‘n kritieke faktor is om beleidsverandering te dryf om geweld teen vroue en meisies te beëindig”.

Aleta Miller, die VN-Vroue verteenwoordiger in Suid-Afrika

Die NSP is op ses strategiese pilare gebou . Ons is betrokke by die tweede, vyfde en sesde pilare, wat fokus op die herbou van sosiale kohesie, ekonomiese bemagtiging van vroue, en navorsing en inligtinsbestuur. VN-Vroue het nie net die tweede presidensiële beraad finansieel ondersteun nie, maar het ook aan die program-ontwerp, logistiek en mediawerksgroepe ter voorbereiding van die tweede beraad deelgeneem. Ons hoop was en is steeds dat die beraad ‘n platform sou wees waar belanghebbendes oor vordering wat gemaak is, asook lesse wat geleer is kon besin. Ook om areas te identifiseer wat versterk moet word, terwyl ons gesamentlik na oplossings vir die GGG- epidemie in Suid-Afrika soek. Wat die beraad wel reggekry het was om die regering, die burgerlike samelewing, die privaatsektor, asook ontwikkelingsvenote in dieselfde gespreksforum te plaas. Sodoende is daar besin, en is eerlike en sterk gesprekke gevoer. Ons moed aan dat hierdie gesprekke verder as die beraad sal voortduur, en tot die versterking van aanspreeklikheid, die versnelling van intervensies en die uitbreiding van dit wat werk om GGG aan te spreek, sal lei. Dit is ons hoop dat ons as belanghebbendes kan saamwerk; dat elkeen hul deel sal doen sodat hierdie gesprekke tot ferm optrede sal lei, en tasbare resultate sal oplewer om hierdie probleem te bekamp.

119

Dec | Collective Action Magazine

Made with FlippingBook interactive PDF creator