Collective Action Magazine Edition 2. Dec 2022

Aleta: Wat samewerking betref, is daar byna altyd uitdagings wanneer verskillende entiteite betrek word. Dit sluit die volgende in; wan-kommunikasie, onbuigsaamhede en wan-interpretasie van konsepte. Waar daar egter gedeelde toewyding is om geslagsgelykheid op die voorgrond te plaas, kan belanghebbendes saamwerk om die doelwit te bereik. In die lig van die hoë vlakke van GGG in Suid-Afrika, deel alle belanghebbendes, of dit nou die regering, die privaatsektor of die algemene publiek is, dieselfde visie en ‘n gemeenskaplike agenda om hierdie nasionale epidemie aan te pak. Hierdie gedeelde visie en gedeelde agenda help om almal weer bymekaar te bring wanneer struikelblokke opduik. Almal het ‘n rol om te speel om GGG aan te spreek, en dit is daarom belangrik om ‘n platform daar te stel om innovasie moontlik te maak. ‘n Ideale voorbeeld is die kreatiewe en kulturele sektore wat as ‘n kragtige middel van voorspraak, bemagtiging en sosiale insluiting dien, veral vir gemarginaliseerde en kwesbare gemeenskappe. Dit is lank reeds bekend dat die kunste ‘n uitingsgeleentheid aan vroue gee, veral aan diegene wat trauma ervaar het, deur aan hulle die middele te verskaf om hulle stories te kan deel, ander te inspireer en te bemagtig, en terug te veg. Sommige sleutelkwessies wat oorweeg moet word wanneer inklusiwiteit versterk word, is toeganklikheid, houding, gehalte vennootskappe en duidelikheid van rolle en verantwoordelikhede. Hazel: Ten opsigte van inklusiwiteit, wat is sommige van die uitdagings en lesse wat die VN deur die jare geleer het wanneer dit kom by samewerking, of die fasilitering van samewerking, wat van waarde kan wees vir die GGG- kollektief terwyl hulle saamwerk om GGGV te beëindig? Daar is meer bewyse as ooit vantevore dat GGG nie onvermydelik is nie. Om dit te beëindig moet daar omvattende intervensies ontwikkel word deur alle betrokke sektore en vennote, wat gemoeid is met die behoeftes van vroue en meisies wat die meeste deur geweld geraak word, terwyl die vining-veranderende omgewing in ag geneem word..

Dit kan aanvaar word dat verskillende rolspelers verskillende idees sal volg oor hulpverlening, bloot omdat elk verskillende prioriteite het. Hierdie uitdagings is egter nie onoorkombaar as ons kan saamstem oor die grondbeginsels nie. Ook nie as ons, ons uiteenlopende metodes en tyd, energie en hulpbronne na dieselfde doelwit kanaliseer nie. onaantasbaarheid van oortreders aangespreek word; en dat die befondsing, solidariteit en ondersteuning vir vroueregte en feministiese organisasies en bewegings om hul kritiese werk te onderhou, versterk moet word. Dit sluit bewese voorkomingstrategieë in wat houdings en praktyke op individuele vlakke, binne verhoudings, instellings en breër sosiale norme verskuif, en verskillende faktore aanspreek wat die risiko van geweld verhoog. As VN-Vroue glo ons dat die oplossing vir GGG daarin lê om: die implementering en monitering van wetlike en beleidsraamwerke te versnel; om te verseker dat noodsaaklike gesondheidsdienste beskikbaar is; dat maatskaplike- sekuriteit en geregtigheid beskikbaar en toeganklik is vir oorlewendes in hul diversiteit; dat die

Dec 2022 | Collective Action Magazine

118

Made with FlippingBook interactive PDF creator