VARS FEB 2023

“‘n Goeie gradering verleen gravitas,” verduidelik Wellington Country House se eienaar, Mara Scholtz. Kyk gerus die video om te leer hoe hierdie graderingsproses werk.

Sterre maak steeds saak

en goedgekeur is, maak die assessor 'n afspraak met die onderneming sodat 'n kwaliteits-oudit kan plaasvind. Die hele proses is gratis en neem sowat 'n maand. ‘Gravitas… en ekstra pizzazz’ Mara Scholtz is die eienaar van die Wellington Country House, 'n vierster-gastehuis. Sy bieg dat sy voor haar gastehuis se gradering hoë verwagtinge gekoester het, maar steeds redelik op haar senuwees was. Sy was egter dadelik gerusgestel toe Christopher met sy eerste besoek alles op 'n koel en kalm manier aan haar verduidelik het en vandaar het die hele proses vlot verloop. Een ding wat uitstaan, is dat 'n goeie gradering “gravitas… en ekstra pizzazz” aan 'n onderneming verleen, vertel Mara. Dit help ook dat jou gastehuis – uit al die honderde duisende wat daar is – 'n voorkeur by soekenjins toon, soos sy die afgelope vakansieseisoen met nuwe gaste agtergekom het. Dit lei verder tot 'n goeie reputasie in die bedryf. Jy kan nie alles op sosiale media glo nie, maar jy kan op 'n toerismegradering vertrou, beklemtoon Mara.

Cheryl Phillips, Senior Bestuurder: Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme by Drakenstein Munisipaliteit, is van mening dat dit belangrik vir toeristebestemmings is om gegradeerde ondernemings te hê, want daardeur is toeriste verseker van 'n gehalte ervaring. Die meeste besoekers let pertinent op of daar drie, vier of vyf sterre aan 'n onderneming toegeken is, verduidelik sy, omdat hulle juis sekere verwagtinge koester. Drakenstein Munisipaliteit fokus op produk- ontwikkeling om plaaslike toerisme te bevorder, en bied ook seminare aan. Hulle werk nou saam met verskeie rolspelers in die private- en openbare sektore, en bied ondersteuning aan enige onderneming wat hulself wil laat gradeer. “Toerisme is almal se besigheid – daarom is dit een van ons hoofprioriteite,” sê Cheryl.

Contact Chris via email chris@tourismexcellence.co.za or call 082 339 0336.

23

VARS | February

Made with FlippingBook Online newsletter maker