VARS FEB 2023

Toerismegradering in Drakenstein:

In Suid-Afrika is die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika (TGCSA) verantwoordelik vir die gradering en gehalteversekering van akkommodasie-ondernemings. Dié graderingstelsel ken tussen een en vyf sterre toe. 'n Goeie gradering beteken 'n gehalte ervaring Christopher Phillips, 'n onafhanklike assessor vir die TGCSA, verduidelik dat 'n gradering verseker dat enige besoeker – hetsy plaaslik of van enige plek ter wêreld – 'n gehalte ervaring kan verwag. Dít is juis die rede waarom dit belangrik vir 'n onderneming is om gegradeer te word. Een van die grootste voordele van 'n goeie gradering deur die TGCSA is dat só 'n onderneming op die webwerwe van die TGCSA verskyn en dat enigiemand op enige plek in die wêreld op hierdie manier 'n bespreking kan maak. 'n Verdere voordeel is dat die Suid-Afrikaanse Toerismeraad plaaslike ondernemings aktief bemark. 'n Deel van 'n TGCSA-assessor se werk is om die gehalte van die kos by 'n gastehuis of hotel te beoordeel, sowel as om te kyk of die beddens gemaklik genoeg is, en of die personeel vriendelike diens lewer. Hulle stel ook vas of hulle enige kliëntediensopleiding aan die onderneming kan verskaf. Die stappe wat gevolg moet word om gegradeer te word, is eerstens om die TGCSA te kontak waarna 'n onafhanklike assessor uitgestuur word. Die assessor gee inligting aan die onderneming oor die dokumentasie wat benodig sal word. Nadat die papierwerk voltooi

Sterre Maak Steeds Saak

Christopher Phillips van die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika.

22

VARS | February

Made with FlippingBook Online newsletter maker