VARS FEB 2023

Hoe kan ek my voertuiglisensie elektronies hernu?

1

Jy het die volgende dokumente nodig (vir elke transaksie):

• Jou bewys van betaling; en • 'n Voltooide of getekende ALV-vorm (“Application for Licensing of Motor Vehicle”) en afskrif van jou ID-dokument. Let wel: Jy moet die geregistreerde eienaar van die voertuig wees.

Indien jou voertuig onder 'n besigheidsnaam geregistreer is, moet jy (as gevolmagtigde) die volgende verskaf:

2

• 'n Besigheidsregistrasiesertifikaat; • 'n Afskrif van jou ID-dokument; en • Die CK1- en CK2-dokumente.

Albei dokumente mag nie ouer as drie maande wees nie. Verskaf ook jou bewys van adres volgens die Finansiële Intelligensiesentrum (FICA) verifikasievereistes ('n nutsrekening of bankstaat sal aanvaar word). Verskaf jou eposadres en telefoonnommer in geval van enige bykomende navrae.

3

4

5

Epos al die bogenoemde dokumente na onlinerenewals@drakenstein.gov.za.

Ons sal jou binne sewe werksdae per epos of telefoon in kennis stel dat jou lisensie afgehaal kan word by ons Bergrivier Boulevard-kantoor in die Paarl. Let asseblief dat inbetalings eers op die Munisipaliteit se bankstaat moet reflekteer voordat dit geprosesseer word. Net lisensiehernuwings binne die 21-dae grasietydperk kom in aanmerking vir hierdie elektroniese diens, dit wil sê die diens is nie vir motorvoertuiglisensies wat reeds verval het nie.

6

7

35

VARS | February

Made with FlippingBook Online newsletter maker