VARS NOV 2022

Ánder Vaardighede Nou Nodig in Nie-winsgewende Sektor

Die span by Valcare streef om ‘n werklike impak in die Suid-Afrikaanse samelewing te maak.

Daar was nog altyd bevoegde mense in die nie-winsgewende sektor, ‘n sektor wat deurgaans ‘n enorme sosiale impak op Drakenstein maak en mense se lewens daagliks verander. Die tipe vaardighede wat tans benodig word, verskil egter drasties van wat vantevore nodig was. Daarom is dit nodig dat vaardighede oor die algemeen aangepas moet word.

Só sê Ivan Swartz, hoof uitvoerende beampte van Valcare, ‘n unieke nie-winsgewende organisasie in die Paarl wat opleiding aan lede van ander nie-winsgewende organisasies bied om te verseker dat die bestuur van hierdie organisasies ten alle tye doeltreffend is. Ivan is hoofsaaklik verantwoordelik vir die visie en strategiese fokus van dié organisasie.

16

VARS | November

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker