VARS NOV 2022

Ken jy jukskei? Het jy al die woord jukmaat gehoor?

Volgens die Jukskeiklub is dit nie juis ‘n toeskouersport nie; dit is hoofsaaklik familielede van spelers wat wedstryde bywoon. Enigiemand is welkom om by die Wellington Jukskeiklub te kom speel, of jy nou ‘n gesoute speler of ‘n groentjie is. Jukskei is ‘n ontspanne gesinsport, maar om ‘n voorslag jukskeispeler te wees verg koördinasie, konsentrasie, deursettingsvermoë en genoeg belangstelling. Dinsdag- en Donderdagaande is oefenaande by die Wellington Jukskeiklub; twee keer per maand in die jukskei-seisoen word wedstryde op Saterdae gespeel. Om aan ‘n wedstryd te kan deelneem, moet spelers by die klub aansluit. Hark ‘n jukmaat* nader (manlike spelers word neefs, vroulike spelers niggies en kinders penkoppe genoem) en kontak Annetjie de Klerk by 072 248 8571 vir verdere inligting. *Die woord jukmaat word ook idiomaties gebruik om na ‘n wederhelf of vennoot te verwys.

As jou antwoord op albei hierdie vrae nee is, gaan jy nou iets nuuts leer. Jukskei is ‘n spansport waar twee spanne van vier spelers elk met mekaar meeding. Twee rubber- of houtskeie (bottelvormige stukke) word na ‘n houtpen in ‘n sandput gegooi. Punte word behaal as die pen omgegooi word. Jukskei is inheems aan Suid-Afrika. ‘n Groot deel van die aantrek- kingskrag van jukskei speel is die kundigheid en vaardigheid wat dit van spelers vereis. Die naam jukskei is afkomstig van die oorspronklike voorwerp wat gebruik is om dié sport te beoefen, naamlik die skei wat uit die juk van die osse getrek is. Jukke is gebruik om twee osse (of beeste) langs mekaar in te span. Jukskei in Wellington Die Wellington Jukskeiklub het vermoedelik in die 1950s ontstaan, en tans is daar 12 lede. Daar is ook ‘n skool wat gereeld by dié jukskeiklub kom oefen.

Drakenstein Sport Calendar

Fairview Goat Run 2022

Cricket South Africa (CSA) One Day Cup

Date: 12 November 2022

Date: 2, 9, 21, 23 December 2022 Location: Boland Park Cricket Stadium, Paarl

Location: Fairview Wine Estate, Paarl

Paarl Boxing Day Track Challenge

Netwerk24 Paarl Cycle Tour

Date: 4 December 2022

Date: 26 December 2022

Location: Faure Street Stadium, Paarl

Location: Faure Street Stadium, Paarl

23

VARS | November

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker