VARS NOV 2022

Drakenstein Munisipaliteit het 'n innoverende Ontwikkelings- en Beleggingstoonbank geïmplementeer om die indiening van sakevoorstelle te stroomlyn, terwyl dit die gemak van sake doen in die gebied verbeter. In die video verduidelik Yolande Oosthuizen, Bestuurder van Ontwikkeling en Belegging, meer oor hierdie inisiatief en die aansoek- en goedkeuringsproses.

Yolande Oosthuizen, Bestuurder van Ontwikkeling en Belegging

Yolande Oosthuizen, ‘n Bolander in murg en been, is die nuwe gesig agter Drakenstein Munisipaliteit se Ontwikkelings- en Beleggingstoonbank. Sy het met Vars gesels oor presies hoe dié toonbank die proses makliker maak vir ontwikkelaars en potensiële beleggers in Drakenstein asook die indien van voorstelle bespoedig.

7

VARS | November

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker