VARS NOV 2022

Wat is jou agtergrond?

‘n Interne assessering vind dan plaas waarna ontwikkelingsvoorstelle aan die eerste van die drie komitees voorgelê word. Van die ontwikkelaar word vereis om ‘n voorlegging aan dié komitee te doen; daarna word dit volgens die huidige ontwikkelings- doelwitte van Drakenstein Munisipaliteit geëvalueer. Indien dit aan dié doelwitte voldoen, word dit na die tweede komitee verwys wat die aansoek tegnies evalueer. Die derde komitee evalueer die voorstel volgens politieke ontwikkelingsdoelwitte. As dit blyk dat die voorstel geskik is, kan die aansoekproses hiervandaan voortgaan.

Ek het in Stellenbosch grootgeword, stads- en streeksbeplanning by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gestudeer, en daarna my MBA aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Ek is sedert 2019 in diens van Drakenstein Munisipaliteit. Hoe vind jy dit om by Drakenstein Munisipaliteit te werk?

Ek vind dit uitdagend en stimulerend om by ‘n plaaslike regeringsinstansie te werk. Ek beoog om my ondervinding in die privaat sektor te gebruik om ‘n waardevolle bydrae tot die Munisipaliteit te maak, veral wat ontwikkeling en beleggings betref. Vertel ons ‘n bietjie meer van die Ontwikkelings- en Beleggingstoonbank by Drakenstein Munisipaliteit. Hierdie toonbank is ‘n inisiatief van die Stadsbestuurder, Dr. Johan Leibbrandt; dit is in 2015 op die been gebring. Die doel daarvan is om die proses van sake doen in Drakenstein, soos byvoorbeeld die indien van ontwikkelingsvoorstelle, te vergemaklik. Voorstelle vir grootskaalse ontwikkeling op privaat grond sowel as waar munisipale grond betrokke is, word by ons ingedien. Hierna word elke voorstel deur drie komitees oorweeg. Indien die ontwikkelingsvoorstel in lyn is met die Munisipaliteit se visie vir ontwikkeling, gaan die relevante aansoekproses deur die betrokke munisipaliteitsafdelings daarna voort. Verduidelik die stappe wat ‘n potensiële belegger of ontwikkelaar moet volg om ‘n voorstel in te dien. Eerstens moet beleggers of ontwikkelaars die Ontwikkelings- en Beleggingstoonbank per epos kontak by invest@drakenstein.gov.za . Die tweede stap is om ‘n vraelys te voltooi.

8

VARS | November

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker