VARS NOV 2022

Hoe lank neem die hele proses: vandat die aansoek ingedien word totdat die projek fisiek begin? Sodra die aansoek ontvang is en die vraelys voltooi is, word die aansoek geassesseer – dit is stap een van die siftingsproses. Die eerste komitee se werk neem ‘n aanvang binne een maand en ná die derde komitee se oorweging, volg die ontwikkelingsregte- aansoeke soos normaal. Dis moeilik om ‘n vasgestelde tydperk aan aansoeke oor die algemeen te koppel. Elke aansoek is uniek en elke aansoek word individueel gehanteer en geëvalueer. Sommige ontwikkelingsaansoeke vereis bykomende, eksterne wetgewende prosesse en goedkeurings, byvoorbeeld waar dit besluite oor die omgewing aangaan. Hierdie besluite berus nie by Drakenstein Munisipaliteit nie; dit beïnvloed natuurlik die tydlyn van die Munisipaliteit se finale goedkeuring. Vir komplekse ontwikkelingsaansoeke kan dit ses maande en langer neem vanaf die indiening van die aansoek tot en met goedkeuring. Daarná kan ontwikkeling eers ‘n aanvang neem.Vir elke aansoek word ‘n prosesplan vanaf indiening opgestel. Ons glo daarin om voortdurend – en direk – met aansoekers te kommunikeer.

kommersiële, kleinhandel- en landbouverwerking), wat veral op munisipale grond plaasvind. Groot ontwikkelings op privaat grond word ook in oënskou geneem, en is meestal van residensiële aard. Wat is belangrik vir potensiële aansoekers om te onthou as hulle ‘n voorstel indien? Voordat ‘n voorstel ingedien en die vraelys voltooi word, is dit belangrik om met die betrokke rolspelers by die Munisipaliteit in gesprek te tree. Enige kwessies waaroor hulle twyfel, kan só vroegtydig uit die weg geruim word. Watter waarde voeg die Ontwikkelings- en Beleggingstoonbank by tot Drakenstein Munisipaliteit? Die grootste waarde is om die aansoek proses vir ontwikkelaars so pynloos en vinnig as moontlik te maak. Dit bied ‘n gefokusde koördinasie van aansoek-aktiwiteite en -prosesse, asook ‘n duidelike lyn van kommunikasie met die aansoeker. As al die prosesse glad verloop, kan die ontwikkelaar so gou as moontlik begin! Dis presies wat ons nodig het om ekonomiese groei en werkskepping vir ons gemeenskappe in Drakenstein te stimuleer. Kontak Yolande of Drakenstein Munisipaliteit se Ontwikkelings- en Beleggingstoonbank by invest@drakenstein.gov.za .

Watter tipe aansoeke word veral deur Drakenstein Munisipaliteit ontvang?

Die Ontwikkelings- en Beleggings- toonbank fokus meestal op grootskaalse ontwikkelings (insluitende industriële,

Follow us

@drakensteinmunicipality

@DrakensteinMunicipality

9

VARS | November

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker