VARS_SEPTEMBER 2023

Meesterbakker by Babylonstoren

Die ou Afrikaanse idioom, om brooddronk te wees, beteken om uitgelate of bly te wees. Peachy Jacobs, die meesterbakker by Babylonstoren in Simondium, val heel moontlik in die brooddronk kategorie, veral wanneer sy agter die oond bedrywig is en haar spogbrode optower. By Babylonstoren – sowel as in die groter Drakenstein – floreer bekwame professionele persone met verskillende vaardighede oor verskeie dissiplines heen. Hul meesterbakker is

Wat haar ouma haar geleer het, het sy – soos hulle sê – op haar brood gesmeer, oftewel ter harte geneem. Die geur van varsgebakte brood, botter en konfyt was vir Peachy die inspirasie om eendag haar eie brood te verdien deur brood te bak. En ook nie net sommer brood nie, dis behoorlike ontwerpersbrode! Sy bak ook pasteitjies, sjokolade-croissants en knoffelbrode, om maar net ‘n paar te noem. Bakstaan agter die broodoond Vóór Babylonstoren was Peachy vir 13 jaar by Môreson Wines in Riebeeck Kasteel agter die broodoond, hoewel sy ook ander verpligtinge hier vervul het. Dit was egter vir haar meer vervullend om met gebak te werk. Sowat agt jaar gelede is sy deur Babylonstoren genooi om by hul span aan te sluit. Aanvanklik het sy by die wynproelokaal gewerk, maar toe die geleentheid hom voordoen om by die bakspan aan te sluit, was sy tog te in haar noppies.

‘n sprekende voorbeeld hiervan. Ouma is haar inspirasie

Dit is Peachy se ouma wat haar geïnspireer het om brood te bak. As klein dogtertjie het sy haar ouma dopgehou terwyl sy drie keer per week in hul kombuis brood gebak het. Haar ouma het haar altyd nader geroep en stap vir stap verduidelik wat sy doen. Dan het sy gesê: “Peachy, ek wil hê jy moet eendag in my voetspore volg.”

Follow us

@DrakensteinMunicipality

@drakensteinmunicipality

VARS | September

22

Made with FlippingBook Ebook Creator