VARS_SEPTEMBER 2023

Jou plantjie (of “starter”) wat as rysmiddel dien vir die brood is ook baie belangrik. By Babylonstoren is hul plantjie al 10 jaar oud. Haar raad aan aspirant-bakkers, of individue wat wil uitblink in hul gekose veld, is om nooit op te gee nie. “Onthou dat jy altyd uit kritiek kan leer.” ‘n Nuutjie op Babylonstoren is ‘n appeloorskiet- suurdeegbrood wat uiters gewild is; dit word aanlyn en op die plaas verkoop. Toeriste, plaaslik en internasionaal, kom ook keer op keer terug vir dié plaas se smaaklike gorgonzola-en-peer-brood. Peachy raai voornemende besoekers aan Babylonstoren aan om hulself te vergewis van watter seisoen dit is. Clivia-seisoen is een van die hoogtepunte op die plaas. En as die olywe ryp is, word daar olyf-baguette gebak!

Deesdae span meesterbakker Peachy al haar kragte in om die dag se baksel suurdeegbrode gereed te hê. Dit kos vroeg opstaan om alles te bak wat op die plaas benodig word. Warm uit die oond gaan die gebak na die plaaswinkel, wynproelokaal, en die Greenhouse- en Babel-restaurante. ‘Toets jou resep 90 keer’ Om haar vaardighede met die gemeenskap te deel, is vir Peachy een van die gunsteling- aspekte van haar werk. Dis vir haar belangrik om dit wat sy weet aan ander oor te dra. Broodbakseminare word twee keer per jaar by Babylonstoren aangebied, en sommige entoesiastiese bakkers keer elke jaar terug. Peachy raak nooit moeg daarvoor om suurdeegbrood te bak nie. As sy één wenk vir potensiële bakkers kan gee, is dit om jou resep “90 keer te toets”.

Vir meer, besoek: https://babylonstoren.com/

Peachy Jacobs takes us through her passion for baking, a journey that began in her grandmother's cosy kitchen when she was just a little girl. Today, she proudly serves as the head baker at Babylonstoren in Simondium, where her skills and expertise shine through in every loaf of bread she bakes.

Take a look.

VARS | September

23

Made with FlippingBook Ebook Creator