VARS_JULY 2022

Paarlberg Natuurreservaat Dié reservaat bied iets aan elkeen: of dit nou ‘n rustige Saterdagmiddag-piekniek óf ‘n uitdagende bergfietsroete is. Die welige plantegroei, skoon paadjies en rommelvrye uitkykpunte sal egter nie moontlik wees sonder Lindsay Lewis, hoofnatuurbewaarder, en sy span nie. Lindsay is oorspronklik van Wellington en hy is nou al drie jaar betrokke by die Paarlberg Natuurreservaat. Hy is egter geen groentjie as dit by natuurbewaring kom nie en was vantevore by die Tafelberg Nasionale Park, De Hoop Natuurreservaat en Agulhas Nasionale Park betrokke. Die instandhouding van die majestueuse berg en sy omliggende attraksies verg die harde werk van ‘n hele span en Lindsay vertel dat hulle elke dag op ‘n nuwe taak fokus. “Elke oggend wanneer die span by die werk aankom, word die opdragte vir die dag uitgedeel. Dit sluit hoofsaaklik die instandhouding van parke, braaigeriewe en ablusiegeriewe in. Maandae en Vrydae word die voetslaanroetes skoongemaak en ons kyk dat die asblikke reg is,” vertel hy. Werk op die berg is natuurlik ook seisoenaal en gedurende die winter is dit gewoonlik stil en ‘n goeie tyd om van enige uitheemse indringerplante ontslae te raak. Tydens somermaande is die uitmergelende Paarl-hitte ‘n groot bron van kommer vir bergbrande, en Lindsay en sy span is dan op hul hoede. Behalwe vir die alledaagse roetines is die span ook altyd voorbereid op enige noodgevalle. Dit sluit in stormsterk winde wat bome omwaai, besoekers wat in die berg verdwaal, of selfs rotsklim-uitstappies of sweefski-vlugte wat skeefloop. Gelukkig kom dié soort voorvalle darem nie te algemeen voor nie. Die Paarlberg Natuurreservaat is bekend vir sy diverse fauna en flora, en baie van

Natuurbewaring val onder Parke in die Gemeenskapsdienste Departement in Drakenstein Munisipaliteit.

Die Paarlberg Natuurreservaat is bekend vir sy diverse fauna en flora, en baie van Suid-Afrika se inheemse plant- en dierespesies word hier aangetref.

Suid-Afrika se inheemse plant- en dierespesies word hier aangetref.

19

VARS | July

Made with FlippingBook Converter PDF to HTML5