VARS MARCH 2023

Trou-venues: Gee Drakenstein die Ja-woord

Om te trou is nie perdekoop nie. So ook nie die kies van ‘n troubestemming of -venue nie! Dis altyd ‘n goeie idee om ‘n kontrolelys vir enige groot besluit in die lewe te maak. ‘n Kontrolelys vir die mooie Drakenstein-vallei as troubestemming kry ‘n hele rits regmerkies wat sal verseker dat jou troudag en -venue jou wildste verwagtinge oortref. Dié prentjiemooi bestemming se pluspunte sluit in:

Au d’ Hex, Wellington

By Au d’ Hex voel dit asof die Du Toitskloof-berge letterlik oor jou neerbuig terwyl jy aan ietsie koels teug op ‘n houtdek wat oor ‘n dam uitstrek. Die fluweelrusbanke in die tuin nooi jou om jou in hulle neer te vly en die rustige atmosfeer én geur van rose in te drink. Boonop laat Au d’ Hex se elegante “glaskas” dit voel asof die natuur deel van jou troue is, terwyl jy by lang houttafels aansit en heerlik saamkuier.

Minder as ‘n uur se ry vanaf Kaapstad In die hartjie van die pragtige Boland Omring deur wingerde ‘n Uitsig oor majesteuese berge Bekend vir uitmuntende wit- én rooiwyn, sowel as Cap Classique ‘n Intieme dorpsgevoel, maar tog met alle dienste en verskaffers wat jy gaan nodig hê ‘n Verskeidenheid bekostigbare én luukse verblyfopsies om elkeen se smaak te pas ‘n Rits besienswaardighede en doen- dinge in die omgewing

• • • • •

Die Drakenstein-vallei bied venues te kus en te keur, elk met hul eie uitsonderlike attraksies.

30

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software