VARS MARCH 2023

Au d’ Hex bied hul eie spysenierings- en dekorhuurdiens, sowel as oornagverblyf vir 20 mense.

audehex.co.za

Die Kalkoonde, Wellington

Die Kalkoonde is enig in hul soort. Waar anders kry jy ‘n 200-jaar-oue gerestoureerde kalksteenmyn en -fabriek met sy eiesoortige sjarme? ‘n Tikkie moderniteit is bygevoeg sonder om die plaasgevoel in te boet. Die wilde olyfbome by Die Kalkoonde se amfiteater dra verder by tot die atmosfeer, terwyl die houtdek ook ‘n dromerige uitsig oor die dam bied. Die Ou Oonde-venue is met kalk- en bakstene gebou en dis presies hier waar die bruidspaar en hul gaste dit op die dansvloer kan uitkap.

40 gaste akkommodeer; in die winter brand ‘n gesellige kaggel hier en in die somer is daar lugverkoeling. As jy enigiets wil vier, nie net troues nie, is Diamant die plek vir jou. Verskillende verblyfpakkette sowel as konferensie-geriewe is ook beskikbaar.

diekalkoonde.com

Diamant Estate, Suid-Agter-Paarl

By Diamant in Suid-Agter-Paarl is die Paarlberg letterlik in jou “agterplaas”, terwyl ‘n groen grasperk, wingerde en eeue-oue akkerbome voor jou uitstrek. Hier kan jy kies tussen ‘n intieme geleentheid in die wynkelderkapel, wat uit die 1700s dateer, of in The Barn, ‘n buitelug-plegtigheid in die tuin, of ‘n uitskop-seremonie in die hoofvenue. The Barn is langs die kapelletjie en kan hoogstens

diamantestate.com

Laborie Estate, Paarl

Laborie-wynlandgoed dateer so ver terug as 1691. By Laborie kan jy kies of jy jou eie geskiedenis in hul gerestoureerde sjampanjekelder, die historiese herehuis, of die lieflike tuin wil maak. Verblyf is beskikbaar, sowel as ‘n reeks Laborie- wyne en vier Cap Classiques. Die verblyf sluit in sewe gemaklik ingerigte dubbelkamers, twee suites, ‘n kothuis en ‘n villa.

laborieestate.co.za Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

31

VARS | March

Made with FlippingBook Digital Publishing Software