VARS FEB 2023

Die sentrum beskik oor die dienste van 17 sprekers wat bestaan uit professionele persone soos dokters, verpleegkundiges, en arbeids- en fisioterapeute wat gratis hul tyd skenk om studente bewus te maak van hoe die wêreld in die werksmark lyk. Wamakers het ook 'n pastorale sielkundige wat gereeld gratis dienste aan die studente bied. “Eintlik is Wamakers soos 'n ‘one-stop shop’ wat navrae oor opleiding betref,” vertel Elsabe. Alle kursusse wat aangebied word, is markgerig en daar word by verskillende leerbehoeftes aangepas waar nodig. Daarby is Wamakers so pas geakkrediteer deur die Gesondheids- en Welsynsektor Onderwys- en Opleidingsowerheid

(HWSETA) en kan voortaan ook leerlingskappe en vaardigheidsprogramme in gemeenskaps- gesondheid aanbied. Wamakers moet gekoester word “Wamakers moet werklik gekoester word deur die plaaslike owerhede, inwoners en besighede,” beklemtoon Elsabe. Dié opleidingsentrum bied dikwels die laaste hoop vir mense. Aangesien daar borgskappe beskikbaar is, gee dit vir die werklose persoon 'n geleentheid wat hy of sy nooit sou gehad het nie. Terugvoering van oudstudente getuig daarvan dat Wamakers ook as 'n “stepping stone” dien vir diegene wat verdere geleenthede of opleiding vir professionele loopbane wil volg. Wamakers is immer afhanklik van fondse en skenkings, en selfs die kleinste bydrae is van groot waarde. Ondersteuning tydens fondsinsamelings en skenkings van enige aard word verwelkom. Voornemende studente kan direk by die sentrum registreer. Nuwe groepe word kwartaalliks ingeneem.

Kontak Elsabe per e-pos elsabe@wamakerstraining.org.za of skakel 021 873 5942 of 086 509 6509.

Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

Kyk net hoe vrolik lyk die Wamakersspan!

29

VARS | February

Made with FlippingBook Online newsletter maker