VARS FEB 2023

Liesl se voornemens vir die nuwe jaar is om haar leerlinge se lewens te verryk en hulle te motiveer om ten alle tye hul beste te lewer, asook om hul drome uit te leef. Haar wens vir hulle is dat hulle graad 1 moet geniet, “want dit is immers die begin van hul skoolloopbaan”. As onderwyser behels skoolgee nooit nét om in die klas te staan nie, vertel sy. Nie net is dié juffrou betrokke by haar kerk nie, maar veral ook by die Wellington Klopse. Sy vertel dat sy vir dié groep “na 'n lang dag van klopse loop” kos maak. Verder is sy betrokke by funksies in die wyk waar sy ingedeel is, waartydens sy kos en lekkergoedpakkies aan die kinders uitdeel. Liesl se ander verantwoordelikhede sluit in netbalsameroeper: sy is betrokke by mini-netbal en atletiek, sowel as uitstappies, funksies en die gebeurlikheidskomitee se werksaamhede. Sy sê daar is baie soorte projekte waarby onderwysers in hul gemeenskap betrokke kan – en behoort – te raak. Dít sluit in om handjie by te sit by liefdadigheidswerk, skoonmaak-aksies of sosiale projekte waar fondse ingesamel word vir kinders wat nie skoolklere of skryfbehoeftes kan bekostig nie. Dan kan onderwysers ook met leesprojekte help, of selfs help om kinders musikaal op te lei. Die grootste impak wat 'n goeie onderwyser op sy of haar gemeenskap het, is wanneer kinders kan sê dat hulle “hul plekkie in die gemeenskap of in die lewe gevind het,” sê sy. “Dit maak jou as onderwyser trots wanneer hulle sukses behaal.” Liesl Appolis blyk 'n sprekende voorbeeld te wees van die slagspreuk: Sy het geglo sy kan die wêreld verander… toe word sy 'n juffrou!

Met genoeg ondervinding op haar kerfstok – sy het al in 1992 begin skoolhou – wéét Liesl waarvan sy praat. Voor St. Albans, waar sy reeds 22 jaar werksaam is, het sy vir agt jaar by Wellington Primêr voor in die klas gestaan. As graad 1-onderwyseres bied sy Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensvaardigheid aan. Sy het aanvanklik by die Athlone College haar kwalifikasies verwerf en later, in 2015, 'n B. Ed-graad by die Cape Peninsula University of Technology (CPUT) voltooi.

Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

31

VARS | February

Made with FlippingBook Online newsletter maker