VARS FEB 2023

Vertel ons meer van jou loopbaanreis.

Ek beskou elke uitdaging in die werkplek as 'n geleentheid om te groei, te verander of aan te pas. „ Geen dag is ooit presies dieselfde nie, maar oor die algemeen fokus ek daagliks daarop om op voertuigeienaars se eposse te reageer, navrae telefonies en in-persoon te beantwoord, bankstate af te laai en natuurlik lisensie- aansoeke te prosesseer. Ek moes in my werk leer om 'n groot volume werk binne een dag te voltooi. Ek kry ook daagliks te doen met ongeduldige kliënte, maar ek het vinnig geleer hoe om moeilike situasies te hanteer. “ dit eenvoudig by die Bergrivier Boulevard Verkeersentrum in die Paarl kom afhaal. Lees hier meer oor watter stappe om te volg om voertuiglisensies elektronies te hernu. Hoe lyk 'n tipiese werksdag vir jou? En watter uitdagings ervaar jy dikwels?

Ek het ongeveer 20 jaar gelede by Swartland Munisipaliteit as sekretaresse vir die Verkeershoof begin werk. Kort voor lank het daar 'n pos as Klerk van die Hof by die boete-afdeling oopgegaan. Omdat ek iemand is wat nie wegskram van nuwe uitdagings nie, het ek aansoek gedoen, die pos gekry, en só baie ervaring opgedoen. Ek was oorstelp toe ek nege jaar gelede as klerk by Drakenstein Munisipaliteit aangestel is.

Hoe sou jy jouself beskryf?

Ek is in Malmesbury gebore en getoë, en ek is 'n mense-mens. Een van my grootste passies is om ander te help. Mense sê dikwels ek is 'n goeie luisteraar en ek kommunikeer altyd duidelik. Ek weet hoe om moeilike take betyds, maar steeds akkuraat, uit te voer. Verder gee ek altyd aandag aan die fynere besonderhede van 'n projek. Dis vir my lekker om my doelwitte nie net na te kom nie, maar te oorskry.

Wat is een van jou loopbaanhoogtepunte?

In Maart 2019 het ons Verkeershoof, Japie Cornelissen, my genader om die aanlyn- hernuwing van voertuiglisensies in werking te stel. Dit was vir my 'n groot eer en uitdaging. Saam het ons alles in plek gekry om die nuwe stelsel te implementeer. Sedert ek by hierdie opwindende inisiatief betrokke is, ontvang ek baie komplimente van die publiek vir die goeie diens wat ek lewer. Dis lekker om positiewe terugvoer oor my werk te ontvang, of dit nou 'n persoonlike oproep, of in die plaaslike koerante of op sosiale media is. Wat is die grootste voordeel van Drakenstein Munisipaliteit se aanlyn-hernuwing van voertuiglisensies? Beslis die gerief daarvan. Drakenstein se motorvoertuig-eienaars kan hul voertuig- lisensies in die gerief van hul eie huis hernu en minder tyd in die tou deurbring. Wanneer hul lisensieskyfie gereed is, kan die eienaar

Is daar ooit navrae wat jou laat lag?

Beslis, maar op 'n goeie manier. Soms vra kliënte my vir hulp met dinge wat werklik niks met die elektroniese hernuwing van lisensies te doen het nie, soos byvoorbeeld hoe om 'n motor te verkoop, of hulle te help met hulle banksake. Alhoewel dit nie my veld is nie, probeer ek sover as wat ek kan raad gee en behulpsaam wees.

33

VARS | February

Made with FlippingBook Online newsletter maker