VARS MAY 2023

Drakenstein Municipality’s official e-newsletter Drakenstein Munisipaliteit se amptelike e-nuusbrief Incwadi yendaba yombane yoMasipala wase Drakenstein

MAY 2023

Table of Contents

REGULARS 4 Editor's Letter

It’s budget time at Drakenstein Municipality – time to sharpen our pencils, do projections, finalise the figures, and plan ahead.

18

ALL ABOUT SERVICE DELIVERY

6 Geografiese Inligtingstelsel: GIS in Drakenstein Die gebruik van GIS lei daartoe dat daar in die geheel beter besigheid in Drakenstein gedoen word en dit gee ook aan beleggers ‘n in-diepte beskouing van die beleggingsdistrik of -area. 12 Lees Is 'n Superkrag Leesontwikkeling, die versameling van inligting, kopieerdienste, toegang tot die Internet en die beëdiging van verklarings vind alles by Drakenstein se biblioteke plaas.

MUNICIPAL NEWS

24 UMasipala waseDrakenstein udiliza izakhiwo eziyingxaki Umzekelo wengxaki yendawo eDrakenstein sisakhiwo somkhosi semfazwe esibolileyo sikarhulumente, esisecaleni kukaR44 kwezinye iindlela zokungena eWellington. Uphahla lwaso luneendawo eziwileyo yaye sekuyiminyaka lungalungiswa.

12

2

VARS | May

20

16

26 Wyk 7 Se Wykskomitee Sien Kans vir Enige Uitdaging Onder leiding van raadslid Ruth Arnolds word Wyk 7 deur ʾn dinamiese en meelewende wykskomitee bedien, wat die gemeenskap se behoeftes flink aanspreek.

28 IDrakenstein izifumanela indawo kuluntu lorhwebo olunobulungisa ehlabathini Wonke umntu uthetha ngorhwebo olunobulungisa, kodwa siyalwazi ukuba luyintoni na kanye nokuba lufuna ukufezekisa ntoni? Injongo icacile – ukubuyisela ulingano kushishino.

BUSINESS AND INVESTMENT

16 Wys Jou Staal! Fabrinox is ‘n metaalvervaardiger met baie ysters in die vuur. 20 A Taste of Freedom in Drakenstein One way to soak up Drakenstein’s natural splendour and magnificent outdoors is to visit the lively Freedom Weekend Market. 22 Butterfly House: 'Die Geboorte van Skoenlappers' Butterfly House glo dat dit wat jy as kind aanleer, by jou bly soos jy ouer word 10 Empowering Entrepreneurs One at a Time Labit is an empowering business incubator that believes in making it possible for entrepreneurs to have an economic and social impact on their local communities.

EXPLORE DRAKENSTEIN

18 Polo by Val de Vie Estate Pret, spoed en opwinding. Alles tegelyk. Dis polo, sal polo-liefhebbers jou vertel. 30 Keeping a Close Eye This is what the community has to say about service delivery. COMMUNITY VOICES

OPPORTUNITIES

31 Notices Take a look at our notices

3

VARS | May

We are Planning Ahead

It’s budget time at Drakenstein Municipality – time to sharpen our pencils, do projections, finalise the figures, and plan ahead.

This past month, our residents and businesses have had the opportunity to give their input into the Municipality’s Draft Budget for the new financial year, which starts on 1 July 2023, as well as our Draft Integrated Development Plan (IDP), which is the Municipality’s business plan. One amazing tool that the Municipality uses every day to analyse, forecast, plan, visualise, and manage services is our cool Geographic Information System (GIS) . Vars had coffee with Naajidah Lagardien-Du Plessis, GIS Engineering Technician, and her team to show us how this fascinating system works. With all of Drakenstein’s geographic and spatial information in a single basket (no less than 280 layers of data and 70 web applications!), it not only helps the Municipality to draw the roadmap for Drakenstein but also gives investors an in-depth look into our business or investment environment. As we’re planning how to grow our city of excellence further in the new financial year, Drakenstein also reflects on our two-year Fair Trade City journey . On 30 April 2021, we became the first Fair Trade City in South Africa, and the fourth in Africa. “We’re proud to be part of a global community that supports trade that is not only good for the environment but also underwrites decent working conditions and a fair income for our farmers and workers,” explains Alderman Conrad Poole, our Executive Mayor. Planning ahead is equally important for our entrepreneurs. Vars collected some pearls of wisdom for them from Labit, an empowering business incubator based in Drakenstein, that believes in making it possible for entrepreneurs to have an economic and social impact on local communities. Essentially, they follow a three- step approach to business incubation: deconstruct, rethink, and reconstruct. In this month’s Vars , we look at why it is so important to crack down on the owners of dilapidated or problem buildings in Drakenstein, and how our new Municipal Court has been helping us to do just that. Not only are these buildings an eyesore and hamper potential investment, development, and tourism to Drakenstein, but they are also unsafe and demoralising for our local communities and businesses.

4

VARS | May

This month we salute the workers of Drakenstein. We thank them for their hard work, long hours, dedication, and for often walking that extra mile that makes a difference to a client, member of the public, or a colleague. Workers form the backbone of Drakenstein’s strong and varied labour pool, and this month we pay tribute to them.

- Executive Mayor, Alderman Conrad Poole

One business that is more than happy to be based in Drakenstein is Fabrinox in Charleston Hill. They don’t only offer tailor-made and versatile engineering works solutions for local and international clients but also ensure jobs for local workers and supports community projects. Read more about these “men of steel” and their incredible standards and ethics. At the Val de Vie Estate, we learnt all there is to know about the “sport of kings”, polo, as well as their super-fast polo ponies. Did you know you can come and watch these polo matches for free – just bring your picnic basket and blanket! Vars went shopping and visited the lively Freedom Weekend Market at Freedom Village on the R301 in Southern Paarl. With 60 vendors putting their best foot forward every Saturday and Sunday, it is not difficult to see why this market is so popular especially among Capetonians. It encapsulates authentic country life and the warmth and hospitality of Drakenstein’s people. We also popped in at Butterfly House in Fairyland , a very special place. We learnt how this community resources centre offers a safe space for approximately 300 kids and teaches them how to grow and develop into healthy, well-adjusted adults. Our ward committee profile is on the dynamic and hardworking, yet compassionate committee of Ward 7 that is ready to face any challenge to improve the lives of their residents.

And that’s our Vars wrap for the month!

Let us know what you would like to read about in Vars at vars@drakenstein.gov.za and encourage your friends and family to also subscribe at Drakenstein - Vars-E-newsletter .

From the Vars editorial team

5

VARS | May

Geografiese Inligtingstelsel: GIS in Drakenstein

As jy nog nooit daarmee gewerk het nie, het jy waarskynlik nog nie van GIS gehoor nie. In Afrikaans staan GIS vir Geografiese Inligtingstelsel (in Engels is dit “Geographic Information System”).

Wat beteken GIS?

Wanneer GIS toegepas word, kan interaktiewe navrae gedoen word, ruimtelike inligting geanaliseer word, data in kaarte gewysig word en die resultate van alles wat hier gestipuleer word, uitgebeeld word. els veral analise en visualisering. In die praktyk word ‘n verskeidenheid van tegnieke, prosesse en metodes gebruik wanneer met GIS gewerk word. In die professionele velde van ingenieurswese, beplanning, bestuur, vervoer of logistiek, versekering, telekommunikasie en besigheid is GIS van onskatbare waarde. Die gebruik van GIS lei daartoe dat daar in die geheel beter besigheid in Drakenstein gedoen word en dit gee ook aan beleggers ‘n in-diepte beskouing van die beleggingsdistrik of -area.

Die definisie van ‘n Geografiese Inligtingstelsel is ‘n stelsel wat ontwerp is om geografiese of ruimtelike data te versamel, stoor, manipuleer, ontleed, bestuur en voor te stel. GIS kan ook verwys na die vakgebied Geografiese Inligtingwetenskap (“GIScience”). Geografiese Inligtingwetenskap (ook geo- inligtingwetenskap) is ‘n wetenskaplike dissipline wat beskryf word as die samekoms van rekenaar-, sosiale- en natuurwetenskap wat geografiese inligting bestudeer. Dit het hoofsaaklik te doen met geografiese konsepte, aansoeke en stelsels.

Hoe werk GIS?

Doeltreffende GIS bestaan uit vyf komponente: hardeware, sagteware, data, mense en metodes.

6

VARS | May

Die gebruik van GIS lei daartoe dat daar in die geheel beter besigheid in Drakenstein gedoen word en dit gee ook aan beleggers ‘n in-diepte beskouing van die beleggingsdistrik of -area. “ „

Die voordele van GIS

Wanneer jy haar vra wat die voordele van GIS is, sê Naajidah sy glo dat die “een-heid” van die Munisipaliteit inligting is. GIS verskaf nie net inligting nie, maar dié inligting kan ook geanaliseer word wat op sy beurt weer die Munisipaliteit help om meer ingeligte besluite rakende begrotings, beplanning en toekenning van hulpbronne te neem. Die volgende dienste in Drakenstein Munisipaliteit gebruik GIS-inligting wat gereeld opgedateer word: ingenieurs-, beplannings-, gemeenskaps-, finansiële en korporatiewe dienste. Spesifieke voorbeelde hiervan sluit in: die “Tree Application for Parks”, Parke en Oop Spasies, SeeClickFix, aansoeke vir beleggingsareas, wetstoepassing en veiligheid, gemeenskapsontwikkeling, en stads- en streeksbeplanning.

Waar GIS gebruik word, word lewensgehalte verhoog. Dit help met die bestuur van ‘n skoon, gesonde en veilige omgewing wat dienste, infrastruktuur en sosiale gelykheid aangaan.

Waar gebruik Drakenstein Munisipaliteit GIS?

Volgens Naajidah Lagardien-Du Plessis, GIS Ingenieurstegnikus van Drakenstein Munisipaliteit, betree die Munisipaliteit nou ‘n nuwe wêreld van gevorderde en innoverende ruimtelike analise. Daarvolgens wil die Munisipaliteit die manier waarop GIS-kennis na die organisasie oorgedra word – en die opleiding wat daarmee gepaardgaan – verander. Naajidah se span se doel is om ‘n blywende, volhoubare Enterprise GIS te beplan, ontwerp, bou en implementeer. beplanning, erfenisbronne en belangrike areas. Die Munisipaliteit het nie minder as 280 datalae en 70 webtoepassings nie. Waar dit besighede aangaan, word formele en informele handel, sakekorwe, nuwe Drakenstein Munisipaliteit karteer alle historiese data, insluitende ruimtelike

Boom-toep maak boombestuur maklik

Die “Tree Application for Parks” is ‘n toep(assing) wat spesifiek geskep is vir die Munisipaliteit se Parke en Oop Spasies-span, waar die toestand van bome insluitende spesifieke liggings en foto’s van die bome gestoor word. Só kan bome of boomtakke wat ‘n potensiële gevaar vir mense, geboue of motors inhou, geïdentifiseer en aangespreek word. Die Parke en Oop Spasies-span hou ook boek van die spuit van bome,

ontwikkelings, beleggingsareas en sake-opnames rakende munisipale dienste aangeteken.

7

VARS | May

speelparktoerusting, onkruidbeheer en grassny. SeeClickFix is ‘n kliëntediens-toep wat klagtes en versoeke van die publiek behartig, byvoorbeeld klagtes oor slaggate, rommelstrooiery, onwettige vullisstortings, verstopte dreine, lang gras, en so meer. Wanneer aansoeke vir beleggingsareas ontvang word, word nuwe ontwikkelings – en sake-opnames – met GIS gemonitor. Waar dit wetstoepassing en veiligheid aangaan, word die infrastruktuur gedek. Dit sluit in waar kabeldiefstal gepleeg word, waar “hot spots” gemonitor moet word en waar buurtwagte geakkrediteer moet word. Gemeenskapsontwikkeling sluit vroeë kinderontwikkelingsentrums, sopkombuise en ablusie-fasiliteite in.

Die gebruik van GIS lei daartoe dat daar in die geheel beter besigheid in Drakenstein gedoen word.

In die praktyk word ‘n verskeidenheid van tegnieke, prosesse en metodes gebruik wanneer met GIS gewerk word.

8

VARS | May

Drakenstein is ‘n stad van uitnemendheid wat tegnologie tot ons voordeel benut. Vir hierdie maand se uitgawe van Vars het ons met Naajidah Lagardien-du Plessis gesels, GIS Ingenieurstegnikus by die Munisipaliteit, oor die verskeie gebruike van ‘n geografiese inligtingstelsel (GIS). Klik “speel” vir meer!

Die span is onder andere verantwoordelik vir opmeting, hommeltuigvlugte, die ontwerp en skep van web- en mobiele toeps, fasilitering en stroomlyn van werkvloei, integrasie van organisatoriese inligting, bestuur van inligting, analises, kartering, en die sleutelprestasie- aanwysers (“key performance indicators” of KPIs) van GIS. Besoek ons webtuiste, www.drakenstein.gov.za , vir meer inligting, of klik op Drakenstein Municipality Spatial Viewer vir ons GIS-stelsel se “Spatial Viewer”. Dis fassinerend!

Stads- en streeksbeplanning behels sonering en verdeelde soneringsbuffersones. Laastens word GIS ook ingespan wanneer besluite aangaande die veselmark geneem word.

Spanwerk is belangrik

Die GIS-span by Drakenstein Munisipaliteit is: Louis Pienaar, waarnemende uitvoerende direkteur: ingenieursdienste; Pierre de Villiers, hoof van GIS; Naajidah Lagardien-Du Plessis, GIS Ingenieurstegnikus; Emmerentia Smit en Benedict Winter, Senior GIS-tegnici; en Zanele Mbangeni, GIS-administrateur.

Follow us

@drakensteinmunicipality

@DrakensteinMunicipality

9

VARS | May

Empowering Entrepreneurs One at a Time

The Drakenstein community, like any other in South Africa, faces the challenge of growing unemployment. Yet, we are fortunate to have numerous skilled individuals and organisations based here who are passionate about and proactive in finding innovative solutions to this challenge. One such organisation is Labit, an empowering business incubator that believes in making it possible for entrepreneurs to have an economic and social impact on their local communities. Essentially, they follow a three-step approach to business incubation: deconstruct, rethink, and reconstruct. By deconstructing emerging entrepreneurs’ ideas, rethinking the viability of these ideas, and then reconstructing their business models before launching them to market, Labit empowers individual entrepreneurs to thrive. They’re passionate about eradicating unemployment by empowering one entrepreneur at a time. “Entrepreneurship is one of the strategies we can deploy to assist in creating employment opportunities in our immediate context,” explains Kenan Barends, Labit Training and Business Development Facilitator. Kenan believes there are entrepreneurs who have

Drakenstein is fortunate to have many skilled individuals and organisations.

the potential to start and grow successful, sustainable businesses that can create jobs and bring about positive social change. “We are focused on establishing and growing entrepreneurs who are hardworking, teachable, and community-minded,” he says. Labit has developed a delicate ecosystem as a flagship incubation model, aimed at the training, mentorship, and coaching of entrepreneurs through various levels. Each block flows into the next, acting as a filtering mechanism to ensure that the entrepreneurs who progress

10

VARS | May

to the next phase have the necessary skills to continue building sustainable businesses. This four-phase ecosystem is called The Labit Academy, The LAB, The Incubator, and The Accelerator. “To kick off the process, we carefully select applicants and invite them to attend a competitive business workshop where they critically assess their business models. At the end of the workshop, they get an opportunity to pitch their business models to a panel of seasoned entrepreneurs and industry experts. And that’s only the beginning!” Over the past eight years, Labit has established two successful Accelerator businesses with an average annual turnover of R2 million, providing over 15 full-time jobs. They have hosted 87 Open Days with over 2 500 attendees, as well as 21 academies with more than 500 attendees. Subsequently, Labit worked with 95 LAB entrepreneurs, and incubated 18 sustainable businesses.

In total, they have been able to create more than 170 jobs.

Kenan explains, “We have found that most of the entrepreneurial ventures in the Drakenstein area are survivalist businesses.” A survivalist business is a type of business that is not considered to have the potential to generate income or provide employment. He believes a significant reason for this is a lack of skill. “If we are able to transform survivalist businesses into sustainable businesses by imparting skills and transforming mindsets, they can generate recurring and growing income. This in turn will provide jobs and help solve the unemployment problem which plagues our communities,” he concludes. For more information on the great work Labit is doing in Drakenstein, head to their website: https://www.labit.co.za/ . For support offered by Drakenstein Municipality to small- and medium-sized businesses, click here .

Labit deploys entrepreneurship as a strategy to create employment in Drakenstein.

Labit believes that successful entrepreneurs can bring about positive social change.

11

VARS | May

Lees Is ‘n Superkrag

Een van die volgende twee aanhalings is waar. Die ander nie. Kan jy agterkom watter een is geldig en watter een nie?

1. “Biblioteke is een van die plekke wat baie gemeenskappe as ’n veilige hawe beskryf.” 2. “Meer as 90% van bibliotekarisse takseer ’n boek altyd op sy baadjie (of voorblad).” As jy die eerste aanhaling as korrek beskou het, gee jouself ‘n klop op die skouer. ‘n Biblioteek is ‘n hawe.

12

VARS | May

Lorensia Thomas, Bestuurder: Biblioteek- en Inligtingsdienste van Drakenstein Munisipaliteit, beklemtoon dat biblioteke ‘n samelewing laat floreer en ook as “veilige hawens” dien. Sy sê biblioteke se grootste taak is om lees en die liefde vir boeke te bevorder, maar daar is ook baie ander dienste wat biblioteke lewer, bo en behalwe basiese biblioteekdienste. ‘n Biblioteek is byvoorbeeld ‘n eenstop-dienspunt, verduidelik Lorensia. Leesontwikkeling, die versameling van inligting, kopieerdienste, toegang tot die Internet en die beëdiging van verklarings vind alles by biblioteke plaas. Daarby lewer hulle ondersteunende dienste aan staatsdepartemente, onderwysinstellings, maatskaplike organisasies en die Ontvanger van Inkomste. Biblioteke fokus ook op die bewusmaking van maatskaplike kwessies en moedig interaksies aan. Veral vroeë kinderontwikkeling kry heelwat aandag aangesien dit een van die belangrikste boustene van ‘n samelewing is. Dit is Lorensia se werk om al die biblioteke in Drakenstein te bestuur, waarvan die Paarl Biblioteek die grootste is en ‘n baie diverse gemeenskap bedien. Sy is al 38 jaar lank by biblioteekdienste betrokke en het haar loopbaan begin deur haar vier-jaar Biblioteek- en Inligtingsgraad sowel as ‘n meestersgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. Haar eerste werk was by die Idasvallei Biblioteek op Stellenbosch.

Drakenstein se biblioteke is 'n veilige hawe vir gemeenskapslede.

'n Biblioteek is 'n eenstop-dienspunt. “ „

13

VARS | May

Bibliotekaresse in Drakenstein dien die gemeenskap met blydskap.

Biblioteke kweek kreatiwiteit aan

Die aspek van haar werk wat sy die meeste geniet, is om te ervaar hoe mense se lewens verander word deur die diens en hulp wat hulle by biblioteke kry. In haar ervaring is biblioteke “die buffer van ondersteuning” omdat hulle talle gefragmenteerde gemeenskappe bedien. Sy sê verder: “Biblioteke is die poort na die lewenslange voortbestaan van geleerdheid, hetsy formeel of informeel.” Daarom fokus die programme wat biblioteke aanbied juis hierop, om lees hul superkrag te maak, en kweek kreatiwiteit en innovasie by jongmense aan. Drakenstein Munisipaliteit se biblioteke word meestal deur jongmense gebruik, veral vir al die dienste wat daar beskikbaar is. “Dis opmerklik hoe jongmense se leespatrone aan die verander is.” Op ‘n vraag of sy dink biblioteke aan die uitsterf is, is Lorensia se antwoord ‘n onomwonde nee. Haar mening is dat biblioteke nog lank van nut vir ons gemeenskappe sal wees omdat hulle ‘n eenstop-diens lewer sowel ‘n verskeidenheid van bykomende dienste, en elke dag iets nuuts bied.

14

VARS | May

Biblioteke in Drakenstein wakker ‘n liefde vir lees en boeke aan en bied ‘n veilige hawe vir gemeenskapslede. Hier kan jy ook daardie stil hoekie geniet. Klik “speel” om te sien hoe ons dit regkry.

Biblioteke gee ook stil plekkie vir leerders om te studeer Sy sluit by Lorensia aan deur te sê dat biblioteke nie net meer ’n plek is waar boeke gesirkuleer word nie, soos in die verlede nie. Vir kinders en jongmense wat nie altyd vrye toegang tot sekere dienste het nie, help Drakenstein se biblioteke deur ’n stil plekkie te voorsien om te lees of te studeer, sowel as rekenaars en gratis Wi-Fi beskikbaar te stel. Biblioteke help ook die Departement van Onderwys met die registrasieproses van nuwe leerders (veral met die maak van afskrifte en die skandering van dokumente), sowel as met primêre en sekondêre skoolaansoeke.

Die funksie van biblioteekdienste lê grotendeels by die Provinsiale Regering, terwyl Drakenstein Munisipaliteit die beskermheer van biblioteekdienste in die Drakenstein- area is. Só verduidelik Natalene Hoffman, ‘n administratiewe beampte by Drakenstein Munisipaliteit se Biblioteek- en Inligtingsdienste. Die Munisipaliteit is verantwoordelik vir die diens, instandhouding van geboue, asook die dekking van moontlike tekorte ten opsigte van operasionele begroting. Dus speel die Munisipaliteit ’n baie belangrike rol in die suksesstories van biblioteke en hul besoekers.

Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

15

VARS | May

Wys jou staal! ‘n Ou Afrikaanse idioom lui: Jy kan nie yster met jou hande breek nie. Dit beteken jy kan nie die onmoontlike probeer doen nie. Maar by Fabrinox, ‘n metaalvervaardiger in Charleston Hill, Paarl, breek hulle amper yster met hulle hande, by wyse van spreke. Fabrinox vervaardig ‘n wye reeks produkte in verskeie materiale soos vlekvrye staal, aluminium en sagte staal. As ‘n ingenieurswerke-onderneming bied hulle omvattende vervaardigingsoplossings vir verskillende industrieë soos landbou, voedsel en drank, mynbou, waterbehandeling, en mariene en hernubare energie.

Fabrinox wys al vanaf 1993 hul staal.

Baie ysters in die vuur

Fabrinox is beslis ‘n metaalvervaardiger met baie ysters in die vuur. Die maatskappy het in September 1993 begin handel dryf en is oorspronklik gestig met die doel om spesialiskomponente te voorsien. Vandag strek hul dienste vanaf die vervaardiging van individuele komponente, tot by die installering en toets van subsamestellings, asook projekbestuur. Hierdie dienste word plaaslik, sowel as vir kliënte regoor die wêreld aangebied. Nie net is Fabrinox se vervaardigingsontwerpe innoverend en hul kwaliteit betroubaar nie, maar hulle sien ook om na elke kliënt se unieke behoeftes. Fabrinox se visie is om ‘n wêreldklas metaalvervaardiger te wees wat voortdurend vir hul kliënte ‘n nuwe aanslag en volledige

Drakenstein is die ideale adres vir Fabrinox.

16

VARS | May

Fabrinox ondersteun die plaaslike gemeenskap.

vervaardigingsoplossings bied. Hulle streef daarna om altyd hoogs akkurate en spoedige dienste te bied. Elke spanlid – of “man van staal” – is geskool en ervare in hul veld; daarby is hul toegewyd aan die maatskappy se uitmuntende werkstandaarde en etiese waardes.

kompeterende praktyke te implementeer, wat hul kliënte meer mededingend maak. Fabrinox is trots daarop dat hul vaardighede ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap in Drakenstein lewer. Hulle bied gereeld vakleerlingskappe vir plaaslike ambagslui aan, tesame met internskappe vir ingenieurstudente wat praktiese ondervinding as deel van hulle kwalifikasievereistes moet opdoen. Fabrinox glo daaraan om die plaaslike gemeenskap te ondersteun. Juis daarom bied hulle ondersteuning aan projekte soos die Mbekweni Youth Centre en Ma’s vir Wellington. Sedert hul ontstaan ‘n paar dekades gelede kon Fabrinox werksgeleenthede in ‘n verskeidenheid beroepe vir ‘n groot hoeveelheid plaaslike inwoners bied. Dit is nog steeds die geval - die meerderheid van die werksmag by Fabrinox is woonagtig in Drakenstein. Dit beteken dus dat werkverskaffing in Drakenstein aktief ondersteun word. Só wys Fabrinox hulle staal en bou saam aan ‘n stad van uitnemendheid in Drakenstein. Vir meer inligting stuur gerus ‘n e-pos na info@fabrinox.com of besoek https://www.fabrinox.com/ .

Wys hul staal in Drakenstein

Drakenstein is die ideale adres vir Fabrinox, juis omdat die area beskik oor so ‘n groot poel goeie geskoolde ambagsmanne en -vroue, sowel as ‘n stewige ingenieurskorps in vlekvrye staal vervaardiging. Verder is daar ook verskeie besighede in Drakenstein wat die voedselbedryf bedien, wat beteken dat die area gewild is onder werkers met hierdie spesifieke vaardighede. Laastens is die arbeidstabiliteit in Drakenstein ‘n groot trekpleister vir besighede en beleggers. Fabrinox dra op verskillende maniere tot die ekonomie van Drakenstein by. Eerstens diens hulle verskeie besighede wat in die area geleë is. Tweedens is hul dienste van so ‘n aard dat hul produkte deel vorm van die produk of diens wat hul kliënt op hul beurt aan hul kliëntebasis aanbied. Derdens dien Fabrinox as ‘n kritieke komponent in die waardetoevoeging tot ‘n reeks vervaardigers en ingenieursfirmas wat oorspronklike toerusting en produkte van goeie gehalte lewer. Laastens belê Fabrinox voortdurend in nuwe tegnologie om meer

17

VARS | May

Polo by Val de Vie Estate

Pret, spoed en opwinding. Alles tegelyk. Dis polo, sal polo-liefhebbers jou vertel. Polo is ‘n balspel, amper soos hokkie, máár die groot verskil is dat die bal met ‘n lang houthamer (in Engels word dit ‘n “mallet” genoem) deur ‘n perderuiter, vanaf die rug van ‘n perd wat galop, oor die doellyn geslaan word. In die volksmond – op plekke waar polo-speel bekend en gewild is – staan dit as die “sport van konings” bekend. By die Val de Vie Estate in die Paarl is die Stella Artois Val de Vie Poloklub-seisoen vanaf Oktober tot April.

Polo-ponies is besonder vinnige perde wat daarvan hou om te wen! Hulle kan skerp draai asook vinnig stop wanneer nodig. Bowenal kan hulle vinnig galop. Baie polo-ponies is voormalige resiesperde en dus opreg geteël. As hul resiesdae verby is, word hulle opgelei om polo-ponies te word. Die ponies se maanhare word kort geknip en hul sterte opgebind om te verhoed dat die hare tydens ‘n polo-spel in die houthamers verstrengel raak. Gewoonlik word daar op Woensdag- en Saterdagmiddae en Sondagoggende weeklikse

18

VARS | May

“chukkas” of toernooie gespeel. Toegang is gratis; jy het nie eers ‘n kaartjie nodig nie! Dis ideaal om piekniek te hou terwyl jy polo kyk, so pak ‘n mandjie. Alternatiewelik kan jy vanaf die Polo Pavilion by die Back’s Restaurant die polo dophou - bespreek by polo@backs.co.za . Inligting oor speeltye, toernooie en spanlede word op die swartbord by die hoofingang van die Val de Vie Estate en op die Instagram- blad van die Stella Artois Val de Vie Poloklub aangedui. Volg hulle by @valdeviepolo . Polo-lesse kan by die Val de Vie Estate geneem word. Selfs al kan jy nie perdry nie, sal jy vanaf jou eerste les gehelp word om dié unieke sport vanuit die staanspoor te geniet. Die kameraadskap tussen polo-spelers is iets besonders. Kontak polo-afrigter Kevin Rixon as jy in polo- lesse belangstel of by die Stella Artois Val de Vie-poloklub wil aansluit: polo@valdevie.co.za of 082 780 3950 . Leer meer van polo by die Val de Vie Estate by www.valdevie.co.za/equestrian/polo/ .

Drakenstein Sport Calendar

SAFARI Half Marathon

Boland School for Autism Annual Golf Day

Date: Event: Venue:

12 May 2023

Date: Event: Venue:

1 May 2023

Golf

Athletics

Boschenmeer Golf and Country Estate, Paarl

Hugenote High School, Wellington

19

VARS | May

The people of Drakenstein know how to savour the beauty of life. That is why weekends in our area are destined for fun and relaxation, basking in the sight of sunlit mountains and lush valleys. One way to soak up Drakenstein’s natural splendour and magnificent outdoors is to visit the lively Freedom Weekend Market. Located at Freedom Village at the Hartebeeskraal farm on the soon-to-be-renamed Freedom Road (or R301) in Southern Paarl, this market’s doors are open every Saturday and Sunday. Visitors can also pop in at the bar or deli at Freedom Village. The Freedom Weekend Market was established in 2019 and has since then thrived, despite the multiple challenges presented by the COVID-19 pandemic. Annelet Viljoen, founder and owner of the market, says running such a tourist attraction is “hard work”. However, the positive impact their market has on the Drakenstein community drives her toward success. “We have about 60 vendors, so our hands are full, but this also keeps us motivated because we can provide so many employment opportunities.” According to Annelet, all vendors at the market are curated to ensure they offer the highest standard of quality to visitors. A thorough interview is also conducted with each vendor. The market wants to foster a strong sense of community among everyone involved. “We aim to create a home f or people to sell their goods, as well as an inviting place where new and repeat visitors can enjoy themselves,” she says.

Freedom in Drakenstein A Taste of

20

VARS | May

Most vendors are local to Drakenstein, which adds to the value of the market as it aids employment while at the same time showcasing the impressive range of skills of our community.

The Freedom Market is especially popular among visitors from Cape Town since it encapsulates authentic country life and the warmth and hospitality of Drakenstein’s people. For more information on the market, please visit their Facebook page or follow them on Instagram @freedomweekendmarket .

The positive impact this market has on the Drakenstein community drives owner Annelet Viljoen toward success. “ „

Since 2019, the Freedom Weekend Market has been thriving in Drakenstein.

21

VARS | May

Butterfly House glo dat dit wat jy as kind aanleer, by jou bly soos jy ouer word.

Butterfly House: ‘Die Geboorte van Skoenlappers’

Butterfly House verwelkom vrywilligers met ‘n passie vir kinders en gemeenskapswerk.

Wat jy as kind aanleer, bly by jou soos jy ouer word.

waar hulle kan leer, groei en ontwikkel tot gesonde, goed aangepaste volwassenes. Tans is daar sowat 300 kinders wat aan Butterfly House se programme deelneem. Hou by die program Helga Williams-Harris, Butterfly House- koördineerder, is verantwoordelik vir die daaglikse operasionele funksionering van die organisasie, asook vir die implimentering, koördinering en monitering van alle ondersteuningsprogramme. Die Butterfly House-speelgroep is die kinderontwikkelingsprogram wat van 8:30 tot

Dís waarmee Butterfly House die mees kwesbare kinders woonagtig in die Fairyland- gemeenskap in Paarl-Oos en omliggende areas help. Dié gemeenskapbronne-sentrum is in Fairyland geleë. Aanvanklik is die sentrum opgerig as palliatiewe gemeenskapsbronne-sentrum om ondersteuning te bied aan kinders en gesinne wat ‘n “lewe met MIV/Vigs” of ander lewensbedreigende of -beperkende kondisies moet hanteer. Daarna het Butterfly House gegroei in ‘n sentrum wat ‘n veilige ruimte vir kinders bied

22

VARS | May

Voordeel vir almal In Fairyland word kinders blootgestel aan s osiale kwessies soos armoede, die misbruik van middels, bendegeweld, huishoudelike geweld en mishandeling. Butterfly House probeer om ‘n hoopvolle toekoms vir die kinders te skep en hulle in staat te stel “om in ‘n pragtige skoenlappers te ontwikkel”. Deur ondersteuningsprogramme en ‘n netwerk met verskillende organisasies in die Drakenstein-area word veerkragtigheid gebou om lewensomstandighede te hanteer. Die oorkoepelende doel is om ouers te bemagtig en in staat te stel om verantwoordelikheid vir hul eie kinders se welstand te neem. Die storie van statistieke Onlangse statistieke van Stats SA wys dat 24.6% van die jeug in Drakenstein werkloos is. Van die ouderdom van 20 jaar en ouer het 6.5% laerskool voltooi, 37.7% het hoërskool opvoeding, 27.9% het matriek voltooi, en 11.9% het tersiêre opvoeding. Butterfly House streef daarna om beter geleenthede vir die kinders van Fairyland in die Drakenstein-area te skep. Elke bietjie help Butterfly House verwelkom vrywilligers met ‘n passie vir kinders en gemeenskapswerk. Skenkings (kos, vrugte en groente, kinderklere, skryfbehoeftes, selfsorg-items soos seep, tandepasta, sjampoe en deodorant, asook boeke en opvoedkundige speletjies) is welkom.

13:00, Maandae tot Vrydae, aangebied word. Kinders tussen die ouderdomme van twee en vyf woon die speelgroep by waar die Amazing Brainz-kurrikulum gevolg word. Waar nodig is daar psigososiale ingrypings waar gesinne gehelp word om sosiale probleme te hanteer. Hul nasorgdienste is in twee gedeel: laerskool (6 tot 13 jaar) en hoërskool (14 tot 18 jaar). Jonger leerders woon die program by van 14:30 tot 17:00, Maandae tot Vrydae. Drie dae per week fokus hulle op sosiale vaardighede en die ander twee op akademiese ondersteuning. Vrydae is “Fun Fridays” wanneer die jongelinge hulself deur dans, sang en drama kan uitdruk. Daar is ook ‘n Pionier-groep waar jeugleierskaps-vaardighede aangeleer word. Ouer leerders woon aandprogramme by van 17:00 tot 19:30, Maandae tot Donderdae. Tydens hierdie sekondêre jeugprogram is die fokus op sosiale, professionele en terapeutiese vaardighede sowel as akademiese ondersteuning. Professionele vaardighede wat aangeleer word, sluit in die “Come dine with me”-program, rekenaarvaardighede en die Linkup-program wat fokus op beroepsontwikkeling. Daar is ook die Zazi-program wat fokus op die aanleer van ‘n gesonde leefstyl, insluitende die bewusmaking van geslagsgebaseerde geweld, tienerswangerskappe, misbruik van middels, en hoe om positiewe besluite te neem. Een, twee, drie Om die kinders te help, volg Butterfly House ‘n beloningstelsel. Dis ‘n puntestelsel waar positiewe gedrag soos bedagsaamheid, bywoning, deelname en goedhartigheid beloon word en punte vir baklei, vloektaal, ongehoorsaamheid en ontwrigting weggeneem word. Só leer ken die kinders die gevolge van hul aksies. Punte kan by die beloningswinkel vir persoonlike items soos toiletware, skoolbenodigdhede, klere, nie-bederfbare kos, en sanitêre ware gebruik word.

Vir meer inligting, besoek gerus: www.butterflyhouse.co.za/contact-us Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

23

VARS | May

Umzekelo wengxaki yendawo eDrakenstein sisakhiwo somkhosi semfazwe esibolileyo sikarhulumente, esisecaleni kukaR44 kwezinye iindlela zokungena eWellington. Uphahla lwaso luneendawo eziwileyo yaye sekuyiminyaka lungalungiswa.

UMasipala waseDrakenstein udiliza izakhiwo eziyingxaki

24

VARS | May

Ukuvulwa kweNkundla kaMasipala waseDrakenstein ePaarl ngowoku1 kuDisemba 2022 kuye kwavula indlela yokuba uMasipala waseDrakenstein uqale ngokusesikweni ukutshutshisa abanini bezakhiwo ezingekho mgangathweni, ezingumbono ombi kule ndawo. Ezi ndawo azipheleli nje ekutshabhiseni le ndawo zikwathintela notyalomali, uphuhliso nokhenketho obelunokwenziwa kusiziwa kule ndawo, koko azikhuselekanga yaye zingumbono ombi kuluntu namashishini endawo. Xa kungoku kuqhutywa amatyala angama42 kusetyenziswa uMthetho kaMasipala omalunga neendawo eziyiNgxaki walo Masipala. INkundla kaMasipala sele igwebele uMasipala kwityala elinye ukususela ngoDisemba, ngelixa amatyala ali10 aye asonjululwa ngaphandle kokuya enkundleni. Ezi propati zisusela kwezabucala ukuya kwezamashishini axhaswa ngurhulumente. Uhlobo lomba oyingxaki oxelwe kwiNkundla kaMasipala waseDrakenstein ususela kwizakhiwo ezidinga ukulungiswa, ukuya kwizakhiwo ezingahoywanga ezidinga ukulungiswa kweendonga zezakhiwo, okanye ezo ziyingozi kubomi babantu nezifuna ukudilizwa. “Siyakwamkela ukuvulwa kwale Nkundla kaMasipala nanjengoko kuvumela uMasipala ukuba ulandele iinkqubo zomthetho ukutshutshisa abophuli bemithetho ngemithetho kamasipala,” utshilo uAlderman Conrad Poole, uSodolophu woMasipala waseDrakenstein. “Omnye waloo mithetho yethu kamasipala nguMthetho kaMasipala ka2020 omalunga neeNdawo eziyiNgxaki, nongene endaweni yalowo urhoxisiweyo

obunguMthetho kaMasipala ka2012 weeNdawo eziyiNgxaki, yaye usenza sikwazi ukujongana nembonakalo kunye nokhuseleko kwesakhiwo okanye ipropati.” UMasipala uqala ngokunika umnini wendawo ithuba lokulungisa le miba phambi kokuba uyibhengeze ngokusesikweni njengendawo iyingxaki - ngokumazisa ngokusesikweni umnini wendawo malunga nenjongo kamasipala yokuyibhengeza loo propati. Emva koku umnini unethuba elithile lokuxoxa noMasipala abonise ukuba umba lowo uyingxaki uya kusingathwa okanye ulungiswe nini. Xa umnini engezi kuxoxa noMasipala, uMasiapla akanayo enye indlela ngaphandle kokuba amthumelele ngokusesikweni esinye isaziso aze abhengeze loo propati njengendawo eyingxaki. Emva koko, loo mba uyingxaki usiwa kuMtshutshisi kuze kulandelwe umthetho ukufezekisa ukulandelwa kweso saziso sikhutshwe ngokusesikweni. UMasipala waseDrakenstein ukhuthaza amalungu oluntu ukuba axele izakhiwo eziyingxaki kuMasiapla kule namba ingahlawulelwayo: 080 131 3553 okanye luthumele i-imeyile apha customercare@drakenstein.gov.za . Lunakho nokuxela imiba ngokusebenzisa iApp kaMasipala eyiSeeClickFix. Tyelela apha Drakenstein - SeeClickFix okanye uyidawunlowude apha le App:

iOS: https://apps.apple.com/us/app/ seeclickfix/id322000552

Android: https://bit.ly/3q12rGc

25

VARS | May

Wyk 7 Se Wykskomitee Sien Kans vir Enige Uitdaging

Onder leiding van raadslid Ruth Arnolds word Wyk 7 deur ʾn dinamiese en meelewende wykskomitee bedien, wat die gemeenskap se behoeftes flink aanspreek. Wyk 7 is in Wellington geleë en het ongeveer 9 400 inwoners. Dié wyk lê tussen Bloekomlaan en die Bergrivierpad, en strek vanaf Verbenastraat tot Sandstraat. Dit is die tuiste van ʾn verskeidenheid kerke, skole en kleuterskole. Raadslid Arnolds sê sy is lief daarvoor om met die gemeenskap te werk. “Ek het in 2000 begin met gemeenskapswerk by verskillende organisasies. Dít het my gehelp om die behoeftes in my gemeenskap raak te sien,” vertel sy.

“Ons wykskomitee se missie is om te alle tye ons inwoners van diens te wees en te help, asook hul veiligheid te help verseker. Ons werk nou saam met die gemeenskap om hul behoeftes te kan aanspreek. Met ʾn hardwerkende wykskomitee sien ons kans vir enige uitdaging in Wyk 7,” sê raadslid Arnolds. “Die hoofuitdagings binne ons wyk is bendegeweld, behuising, onwettige vullisstortings en werkloosheid. Ons het WhatsApp groepe waar gekommunikeer word rakende dienslewering en wyksaangeleenthede, en waarop die gemeenskap ook hul klagtes kan deurgee.”

Raadslid Arnolds dien tans in haar vierde termyn by Drakenstein Munisipaliteit. Haar wykskomitee is in 2022 deur die gemeenskap verkies, en bestaan tans uit 10 aktiewe lede wat verskillende portefeuljes behartig, naamlik:

Freek Jacobs:

SMMEs en Klein Besighede

Martin Cloete:

Veiligheid

Diona Monk:

Behuising

Vilencia September:

Sosiale Ontwikkeling en Vroeë Kinderontwikkeling (ECDs)

Seromeo Oliphant:

Parke, Oop Areas en Begraafplase

David Geduld:

Stormwater en Paaie

Anneline Isaacs:

Elektrisiteit en Ligte

Bellmordene Robson:

Sport, Ontspanning, Jeug en Kultuur

Henry Joseph:

Riool en Afval

Frederick Maasdorp:

Bejaardes

26

VARS | May

Voor van links is: Raadslid Ruth Arnolds; Anneline Isaacs; Vilencia September; Seromeo Oliphant; en Diona Monk Agter van links is: David Geduld; Freek Jacobs; Henry Joseph; en Martin Cloete

Raadslid Arnolds sê sy en haar wykskomitee wil ‘n skoon en veilige omgewing vir die gemeenskap skep. Om dít te verseker, is dit belangrik om met die gemeenskap hande te vat. “As wykskomitee is dit ons visie om te alle tye die gemeenskap eerste te stel, hulle met respek te bedien, en goeie kommunikasie

SeeClickFix-toepassing aanmeld; ʾn e-pos na customercare@drakenstein.gov.za stuur; of die Munisipaliteit se tolvrye nommer by 080 131 3553 skakel. Om raadslid Arnolds of enige ander wyksraadslid van Drakenstein Munisipaliteit te kontak, klik hier .

te verseker deur inwoners ingelig te hou rakende wyksaangeleenthede.” Inwoners kan nie-dringende dienskwessies – soos die sny van gras en regmaak van slaggate en straatligte – via die Munisipaliteit se

27

VARS | May

IDrakenstein izifumanela indawo kuluntu lorhwebo olunobulungisa ehlabathini

Wonke umntu uthetha ngorhwebo olunobulungisa, kodwa siyalwazi ukuba luyintoni na kanye nokuba lufuna ukufezekisa ntoni? Injongo icacile – ukubuyisela ulingano kushishino. URhwebo olunoBulungisa lufuna ukunciphisa umonakalo odalwe ngamashishini amakhulu afuna ukwenza inzuzo kuphela, nadla ngokuyenza ngokuxhaphaza abasebenzi kunye nemvelo. URhwebo olunoBuLungisa lusebenzela ukwakha imizekelo yamashishini azinzileyo abeka phambili abantu neplanethi kuneenzuzo.

olunobulungisa nefuna ukuqinisekisa ukuba abavelisi bamazwe asakhulayo bafumana amaxabiso anobulungisa ngeemveliso zawo. Ukuze uthathelwe ingqalelo njengesiXeko soRhwebo olunoBulungisa, kufuneka umasipala okanye isixeko sifezekise imiba ethile yaye sibonise ukuzibophelela kwaso ekukhuthazeni imimiselo yorhwebo olunobulungisa nekwaxhasa iimveliso zorhwebo olunobulungisa kuluntu lwendawo. “Ngowama30 Epreli 2021, kuye kwalontshwa isiXeko saseDrakenstein soRhwebo olunoBulungisa (iFair Trade City of Drakenstein) kusetyenziswana neWorld Fair Trade Organization. Oku kuthetha ukuba uMasipala uxhasa impahla eziveliswa kusetyenziswa izenzo zokuphatha abasebenzi ngobulungisa kunye neenkqubo zokuvelisa ezingayilimaziyo imvelo. UMasipala uxhasa iimpahla eziveliswa ngendlela ekhathalela imvelo, ezinzileyo neziveliswa apha kule ndawo,” utsho uAlderman Conrad Poole, uSodolophu woMasipala waseDrakenstein.

IDrakenstein – ilivulandela

Kwiminyaka emithathu edlulileyo, uMasipala waseDrakenstein uye wavula indlela yokunceda nokukhusela uluntu lwawo. Ibe sisiXeko soRhwebo olunoBulungisa sokuqala eMzantsi Afrika, nesesine eAfrika. IsiXeko soRhebo olunoBulungisa yindawo enikwe yiFair Trade Foundation, eliziko lehlabathi elikhuthaza izenzo zorhwebo

28

VARS | May

USuku lweHlabathi loRhwebo olunoBulungisa luka2023 USuku lweHlabathi loRhwebo olunoBulungisa yimibhiyozo yehlabathi eba ngoMgqibelo wesibini kaMeyi, yaye kulo nyaka lungomhla we13 Meyi. Yaye, njengoko sele kusisiqhelo, uMasipala waseDrakenstein uqinisa kwakhona ubume bakhe njengomkhankaseli wozinzo kuwo onke amanqanaba. UmCimbi woBambiswano loSuku loRhwebo olunoBulungisa uza kusingathwa ngomhla wama27 Meyi 2023 eDe Poort, ePaarl, ukususela ngeye14:00 ukuya ngeye22:00. Olu suku lubekelwe ukubonisa uluntu ushishino olunobulungisa oluneziqinisekiso, oluzinzileyo kunye nabavelisi bendawo. Okungaphezulu kukuba abathengisi nabathengi baya kufumana ithuba lokudibana ngelixa iintsapho zonwabele amava olonwabo lwaphandle olukhatshwa yiwayini nokutya. Lo mcimbi uza kugxila nasekukhuthazeni isiqhelo sozinzo, ukuqondwa kwexabiso lokuthenga iimpahla eziveliswe ngobulungisa, kule ndawo nangozinzo kunye nokwabelana ngolwazi. Ngokuxhasa iphulo loRhwebo olunoBulungisa loMasipala waseDrakenstein, uza nesiqalo sokuxhasa uphuhliso oluzinzileyo lwesixeko sethu. Xa unemibuzo, thumela i-imeyile apha fairtrade@drakenstein.gov.za okanye uqhagamshelane nathi apha 021 807 7790 .

“Siyazingca ngokuzibandakanya noluntu lwehlabathi oluxhasa urhwebo olungalungelanga nje imvelo, koko noluzibophelela kwiimeko zokusebenza ezinesidima kunye nomvuzo onobulungisa kumafama nabasebenzi bethu.” Ngaphezu kwalo mgangatho wawo woRhwebo olunoBulungisa, lo masipala unoBambiswano oluluqilima lweMozulu noZinzo oluphakathi kwawo nesiXeko soRhwebo olunoBulungisa saseNeumarkt, eJamani. Olu bambiswano luze noluhlu lweeprojekthi zeziqalo ezitsha ezikhathalela imvelo nezinozinzo nesele sifezekisiwe, zinceda uluntu lwethu.

Luza kuzuza ntoni uluntu lwethu ngalo mgangatho wesiXeko soRhwebo olunoBulungisa?

Ukwakha uluntu olunolwazi malunga nempilo;

Ukudala iimeko zokusebenza ezingcono zabasebenzi; Ukunika amathuba okuzazisa kumashishini amancinane azinzileyo endawo asebenzela eDrakenstein; Ukusebenzisa amaphulo ukuza nofikelelo kumathuba kunye noshishino;

Ukunika izakhono zophuhliso kumashishini ukwenzela ukuqinisekisa uzinzo;

Ukukhulisa uluntu oluyihloniphayo imvelo; kunye

Nokwakha uluntu ululiqondayo ixabiso lweengxoxo oluzenza ethilini kuqeqesho lwendawo.

29

VARS | May

Keeping a Close Eye Here is what the community has to say about service delivery.

Francois Theron

Johan Lombard

“Dankie Drakenstein Municipality vir die volgende: Ek het ‘n week terug op die SeeClickFix app genoem oor ‘n slaggat in ons area. Hulle het binne die uur vir my ‘n epos gestuur en gesê hulle het my klagte ontvang en sal werk daarmee. Minder as ‘n week later is die slaggat reggemaak. Well done!”

In response to Drakenstein Municipality's Wastewater Services team winning five awards at the recent Process Controller Awards.

“Good stuff, water folks - congratulations!”

Chantelle Grobler

Eliot Chirumbwana

In response to keeping our community clean.

“Thank you for all the hard work you do to keep our town so clean. You are all doing a great job!”

“Keep up the good work!”

Write to Us!

The Vars team welcomes your content ideas. Please send them to vars@drakenstein.gov.za and stand a chance to have it featured.

30

VARS | May

APPOINTMENT OF MEMBERS TO SERVE ON THE DRAKENSTEIN MUNICIPAL PLANNING TRIBUNAL

Notice is hereby given in terms of Section 72(11)(c) of the Drakenstein Bylaw on Municipal Land Use Planning, 2018, and Section 37(4) of the Spatial Planning and Land Use Management Act (Act 16 of 2013), that the Drakenstein Municipal Council approved the appointments of Mr D Delaney (Chairperson) and Mr B Brown (Secundi), in terms of Section 71(1)(a) of the Drakenstein Municipal Land Use Planning Bylaw, 2018, and Section 36(1)(a) of the Spatial Planning and Land Use Management Act (Act 16 of 2013), to serve on the Drakenstein Municipal Planning Tribunal, established in terms of Section 70(1)(a) of said Bylaw, read together with Section 35(1) of the Spatial Planning and Land Use Management Act (Act 16 of 2013).

The Municipal Council further determined, as required by Section 73(1)(b) of the Drakenstein Bylaw on Municipal Land Use Planning, 2018, and Section 37(1) of the Spatial Planning and Land Use Management Act (Act 16 of 2013) that the term of office of the above tribunal members lapses on 31 December 2025, or upon termination of their employment contract.

31

VARS | May

Drakenstein Municipality

SeeClickFix  www.drakenstein.gov.za/seeclickfix Download the app on iOS, Android, or Windows.

32

VARS | May

Page 1 Page 2 Page 3 Page 4 Page 5 Page 6 Page 7 Page 8 Page 9 Page 10 Page 11 Page 12 Page 13 Page 14 Page 15 Page 16 Page 17 Page 18 Page 19 Page 20 Page 21 Page 22 Page 23 Page 24 Page 25 Page 26 Page 27 Page 28 Page 29 Page 30 Page 31 Page 32

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator